Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 10 Augustus 2026 – God se hand op jou

Augustus — Psalms

10 Augustus

Liewe Vriend

Selfs as jy God se hand swaar op jou voel, is dit ’n hand van liefde wat jou nader trek.  Hier is God se Woord net vir jou.

Tema:  God se hand op jou

Teks:  “Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte.”  (Ps. 32:3-4)

  • Selfs swaarkry kan goed wees vir jou — daardeur leer jy God beter ken en groei jy nader aan Hom.  (Ps. 119:71)
  • As jou krag opdroog soos water in die somer, is dit dikwels God wat jou aandag vra. Dit is asof Hy aan die deur van jou hart klop.
  • Sy hand druk nie om jou seer te maak nie, maar om jou te keer voor jy verder verdwaal.
  • Reageer vandag op Sy stem — hoe gouer jy omdraai, hoe gouer kom die vrede terug.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my genoeg liefhet om my te keer as ek verkeerd loop.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.