Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 Augustus 2026 – God is jou skuilplek

Augustus — Psalms

14 Augustus

Liewe Vriend

Daar is ’n plek waar geen storm jou kan bykom nie — naby aan God se hart.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  God is jou skuilplek

Teks:  “U is vir my ’n skuilplek, U beskerm my teen aanvalle, U laat my oorwinningsliedere sing”  (Ps. 32:7)

  • Die Here is jou veilige skuiling en ’n sterk muur teen elke aanval.  (Ps. 61:4)
  • God beskerm jou teen aanvalle van vyande, siektes, ja enige probleme — jy staan nooit alleen in die geveg nie.
  • Hy verander jou vrese in oorwinningsliedere — wat jou wou platdruk, word jou storie van hoop en geluk.
  • Gaan vandag doelbewus na Hom toe: word stil, bid en lees Sy Woord.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat U my skuilplek is en my oorwinningsliedere laat sing.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.