Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 Augustus 2026 – Moenie stilbly nie

Augustus — Psalms

9 Augustus

Liewe Vriend

Wat jy wegsteek, word swaar — maar wat jy voor God oopmaak, word lig.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Moenie stilbly nie

Teks:  Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte.”  (Ps. 32:3-4)

  • Vra die Here om diep in jou hart te kyk en jou op die regte pad te lei — Hy ken in elk geval al jou gedagtes.  (Ps. 139:23-24)
  • Om oor sonde stil te bly, breek jou af — dit vreet aan jou vrede, jou blydskap en selfs jou gesondheid.
  • God wil jou nie platslaan nie — Hy wil jou terugbring na Hom toe.
  • Die Here God wil jou ‘n vol lewe gee – vol van geluk en vreugde.
  • Maak vandag oop wat jy dalk lankal wegsteek — by God is dit veilig.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek met alles na U toe kan kom — help my om niks weg te steek nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.