Augustus — Psalms
11 Augustus
Liewe Vriend
Elke toets in jou lewe is ’n kans om te wys aan Wie jy behoort. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Staan vas in toetse
Teks: “Ek wil hulle met hierdie nasies op die proef stel …” (Rigt. 2:22)
- God toets sy kinders soos silwer skoongemaak word — om jou sterker en suiwerder te maak. (Ps. 66:10)
- ’n Toets beteken nie God het jou vergeet nie — dit is ’n kans om te leer om getrou te bly.
- Moenie die maklike pad kies as dit die verkeerde een is nie; kies God se pad, al lyk dit moeiliker.
- Elke keer as jy in ’n toets aan God vashou, word jou geloof ’n bietjie sterker.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat elke toets my nader aan U kan bring — help my om vas te staan.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


