Sondag 16 Augustus 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Ds Leon Cronje.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Eksodus 16:1-18.
- Die tema van die prediking is:God is genoeg!
- Kleuterkerk in Lokaal 6.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Omgeebediening by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.
Dinsdag 18 Augustus 2026 :
- Die Kerkraad vergader om 17:30 in lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 19 Augustus 2026 :
- Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Alle belangstellendes welkom. Marida – 082 471 0751.
- 18:00 Blokbyeenkoms:Blok 7 (Onder-Bergsig) in die kerksaal – gelei deur ds Charné Viljoen – 083 294 6640.
- 16:00 Blokbyeenkoms:Blok 23 (Groenkloof Reebok & Seeperdjielaan area) en Blok 24 (Reebok Village) in Groenkloof se eetsaal – gelei deur ds Leon Cronje. Heloïse van der Merwe – 082 924 9883.
Verjaarsdae

Nuwe Lidmate 2026:
Jannie & Nerina du Plessis van Hartenbos:
Blok 30 (Reebok-Wes & Kleinbrak tot Danabaai)
Baie welkom by ons gemeente.
Saterdag 22 Augustus 2026 :

Sondag 23 Augustus 2026 :
- Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
- Bybelsondag.
- Doop.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Bybelverspreidingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.
Eredienstye

“Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die regte tyd oes” (Gal. 6:9 Afr20).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Kambodja
In ‘n land geskend deur oorlog, waar armoede en misbruik algemeen is, bring FEBA Kambodja se bediening stilweg hoop en genesing. Van evangelie-uitsendings en gesinseminare tot die uitdeel van sonkragligte en radio’s in landelike gebiede, verkondig FEBA Kambodja nie bloot die evangelie nie, maar demonstreer dit ook.
Ons gebed vir die week: Loof God vir FEBA Kambodja se getroue bediening! Bid vir geleenthede om die evangelie te deel met diegene wat dit nog moet hoor en vir oop harte wat die Goeie Nuus sal aanvaar.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 16 Augustus 2026
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 16 Augustus 2026, gelei deur Ds. Leon Cronje.
- Getuienisbediening:
- Die nuutste nuusbrief van Lynette, uit Madagaskar, is beskikbaar.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike oomblik vir elke dag.
- Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Die klein dingetjies…”
- Gemeentenuus
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed, is op die webtuiste indienu wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314








