Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 13 Augustus 2026 – Bid as dit swaar gaan

Augustus — Psalms

13 Augustus

Liewe Vriend

Gebed is nie jou laaste uitweg nie — dit is jou eerste en sterkste wapen.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Bid as dit swaar gaan

Teks:  “Dit is waarom elke gelowige in ’n tyd van nood tot U bid; selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie.”  (Ps. 32:6)

  • Roep na die Here as jy in die moeilikheid is — Hy sal jou red en jy sal Hom eer.  (Ps. 50:15)
  • Elke gelowige bid as dit swaar gaan — moenie wag tot die water te diep is nie.
  • Selfs die ergste probleme (soos vloedwaters) sal jou nie oorval nie as jy veilig in God se hande staan.
  • Maak gebed jou daaglikse gewoonte, sodat dit in ’n krisis jou eerste reaksie is.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my hoor elke keer as ek roep — leer my om aan te hou bid.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.