14 Maart
Ek hoop dat jou oë sal oopgaan vir God se liefde en genade in jou lewe. Hier is Sy boodskap wat jy ernstig moet opneem.
Tema: Die Here voorsien ook wanneer jy swaar kry
Teks: “… die Here het vir Lea kinders gegee…” (Gen. 29:31)
- Kyk, jou lewe is ‘n getuigskrif van God wat getrou, vol liefde en genade is.
- Verstaan jy dat jy uit die goeie hand van die genadige God leef (Ps. 16:1; Joh. 10:28-30).
- God die Almagtige sorg altyd vir jou. Alles wat jy het kom van Hom af (Ps. 16:5).
- Hy het ‘n wonderlike deel in die lewe vir jou afgemeet en gegee. Jy kan nie daaroor uitgepraat raak nie (Ps. 16:6).
Gebed
Liewe Vader. Baie dankie dat U selfs in moeilike tye sorg.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

