Skep asem vir vandag: 12 Maart 2025

12 Maart

Ek bid dat jy regverdig teenoor ander mense sal optree. Hier is die Woord van die Here vir vandag.

Tema: Tree reg en billik op

Teks: “Jy is familie, maar dit beteken nie dat jy vir my verniet moet werk nie. Sê my wat ek jou moet betaal.” (Gen. 29:15)

  • Iemand moet vergoed word vir dit wat hy doen en dit wat hom of haar toekom (Matt 10:10). 
  • Jy mag nie van iemand iets neem wat syne of hare is en jou nie toekom nie – die Bybel noem dit steel (Eks 20:15).
  • Jy moet alle mense, gesinslede en familielede, vriend en vyand, werker en werknemer, almal eerlik, reg en billik hanteer (Job 36:4; Spr. 18:5; 22:2; 29:7; Rom. 2:11; Kol 3:25; 4:1).
  • As jy vir iemand werk, wees eerlik en werk hard omdat die Here jou altyd sien en jy Sy kind is (Kol 3:22-23).
  • As jy vir iemand werk gee moet jy toe sien dat jou werkers eerlik, reg en billik beloon word, anders steel jy hulle geld (Kol 4:1) .
  • Jou eintlike Baas en Hoof, God die Alsiende Vader sien jou en sal jou vir jou regverdigheid, eerlikheid en hardwerkendheid beloon (Kol 3:22-25).

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie U my help om regverdig teenoor almal op te tree. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.