15 Maart
Ek bid dat jy tevrede met dit wat jy van God ontvang sal wees. Hier is die Woord van die Here vir jou.
Tema: Wees tevrede
Teks: “Toe Ragel merk dat sy nie … kinders in die wêreld bring nie, het sy jaloers geword op haar suster.” (Gen. 30:1)
- ‘n Christusgelowige is dankbaar vir dit wat mens ontvang het – al is dit soms nie baie nie.
- Gelukkig is jy wanneer jy vir ander mense omgee en nie hulle goed wil vat nie.
- Gelukkig is jy wanneer jy nie afgunstig op ander mense se besittings is nie – dit kom jou nie toe nie (Eks 20:17).
- God die Skepper wat weet wat jy nodig het sal elke dag vir jou genoeg kos, klere en geld gee sodat jy gelukkig kan wees (Matt 6:33).
Gebed
Liewe Vader. Gee my insig om dankbaar te wees dat U elke dag vir my sorg. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

