Ek hoop dat jy vandag in moontlike moeilike tye ook God se uitkoms raak sal sien. God se Woord wil jou hierin raad gee.
Tema: ‘n Doodlooppad
Teks: “Trek weg van ons af. Jy het te sterk geword.” (Gen. 26:16)
- Jaloesie, vrees en konflik veroorsaak dat ander mense die lewe vir jou moeilik kan maak.
- Dit kan dan voel asof jy by doodloopstrate kom.
- Wat vir jou na ‘n ramp lyk is vir die Here die begin van ‘n nuwe oplossing.
- Jy weet mos die Here is altyd by jou.
- Jy kan altyd op Hom vertrou. Hy beskerm jou en gee jou raad (Spr. 3:25-26).
Gebed
Liewe Vader. Dankie dat U my tydens krisisse en probleme
bystaan. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

