Ek hoop dat jy sal leer om alle mense dieselfde te hanteer.
Vandag se Woord vir jou is as volg:
Tema: Hanteer almal die dieselfde
Teks: Isak het vir Esau voorgetrek,… Rebekka het vir Jakob voorgetrek…” (Gen. 25:28).
- Ons is geneig om sekere mense beter en met meer respek as ander mense te hanteer.
- Wanneer sekere mense voorgetrek word, diskrimineer jy teen ander. Dit bring wrywing tussen mense.
- Ongelukkig gebeur dit wel binne ons gesinne, ons families, werkplek, ons vriendekring, ons kerke, die regspraak, ons samelewing en ons land se politiek.
- God werk nie so nie: Hy hanteer alle mense presies dieselfde. Almal is voor Hom gelyk (Job 36:4; Spr.18:5; 22:2; 29:7; Rom. 2:11; Kol 3:25).
- Volg God se voorbeeld. Hanteer alle mense dieselfde.
- Volg God se voorbeeld: Sien alle mense as Sy beeld en Sy verteenwoordigers op aarde.
Gebed
Liewe Vader. Laat ek U voorbeeld volg. Help my om almal regverdig te hanteer. In Jesus se Naam. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

