8 Maart
Ek hoop en bid dat jy jou nie deur verkeerde advies sal laat mislei nie . Hier is die boodskap vir jou.
Tema: Kies reg en leef gelukkig
Teks: “Nou moet jy na my luister, my seun, en doen wat ek jou sê.” (Gen. 27:8)
- Soos wat jy in die Here vertrou, moet jy ook verwag dat dinge sal gebeur.
- Soms kom verleiding na jou toe terwyl dit mooi, goed en reg lyk en klink.
- Die Here verlos jou daaruit, want Hy is regtig getrou, goed en sal jou uit alles uithelp.
- Leef binne die wil van die Drie-enige God.
- Hy sal jou beskerm en gelukkig maak.
Gebed
Liewe Vader. Baie dankie dat U my lei om die regte dinge te doen. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

