9 Maart
Vandag bid ek vir jou. Ek bid dat jy die tweede, derde en vierde kanse wat die Here vir jou gee sal raaksien en aangryp. Hier is God se boodskap aan jou.
Tema: ‘n Tweede kans
Teks: “Gaan na Paddan-Aram toe,… en trou daar met ‘n dogter van jou oom Laban… ” (Gen. 28:2)
- Het jy al agtergekom dat jy soms dom en dwase dinge gedoen en besluit het.
- Tog gee die Here, die God van meer kanse aan jou ‘n tweede, ‘n derde, ‘n vierde of meer kanse om dinge weer reg te stel.
- Herstel is deel van God se wonderlike plan vir jou.
- Vertrou God volkome vir hierdie herstel en genade.
- In Christus kry jy Sy vergifnis, maar ook baie ander geleenthede wat Hy gee.
Gebed
Liewe Vader. Baie dankie dat U vol van genade is en my meer geleenthede gee om dinge reg te stel. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

