Mag jy die nuwe era en seisoen vir jou lewe wat God laat aanbreek, raaksien. Hier is Sy boodskap vir jou.
Tema: Die moeilike besluit is soms reg
Teks: “ Moenie Egipte toe trek nie. Bly waar Ek jou sê: in hierdie land” (Gen. 26:2)
- Oënskynlike beter opsies is nie noodwendig die regte opsie en uitkoms nie.
- Soms wys die Here vir jou om iets te doen wat teen die verloop van die lewe gaan
- Dit lyk na ‘n dom besluit, maar dit is die wil van die Here – stap agter die Here aan.
- Wie die wil van die Here doen, sal gelukkig wees.
Gebed
Liewe Vader. Gee my ‘n fyn aanvoeling sodat ek U wil sal doen. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

