Stof tot nadenke: Ontvanklik?

Ontvanklik

As broers moet julle mekaar altyd liefhê. Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves. Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word.

(Heb. 13: 1-3)

Vandag is die tema ‘ontvanklik? ’. Die begrip van ontvanklik word gedefinieer as die manier om iets met openheid, oplettendheid of gewillheid te ontvang, of te aanvaar. Wanneer ons ontvanklik is gee ons aandag aan die behoeftes van ander. Ons luister en kyk met empatie en begrip na ‘n ander se lewe. Dis om te probeeer verstaan hoe dit is om in die skoene van ‘n ander te staan. Dit is nie altyd vir ons maklik om so na ander te kyk nie. Ons is so gewoond aan ons manier van dinge doen; ons is so gewoond aan dinge wat by ons uitkyk inpas, dat ons dikwels nie die emosionele toestand en behoefte van ‘n ander raak sien nie. Wanneer ons lewe sonder uitermate rukke en stote gegaan het, besef ons nie altyd hoe ‘n ander getref kan word, en emosioneel afgebreek kan wees nie.

Tog wys Christus ons daarop om bedag te wees op die behoefte van ander, want in hoedanig ons goed was vir ander, het ons dit vir Christus gedoen!

Want Ek was honger, en julle het vir My iets te ete gegee; Ek was dors, en julle het vir My iets te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My as ‘n gas verwelkom; Ek was nakend, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My versorg; Ek was in die tronk, en julle het My besoek.” (Matt. 25: 35-36);
Aristargus, my medegevangene, stuur groete vir julle, en ook Markus, Barnabas se neef. Oor hom het julle reeds opdragte ontvang – wanneer hy by julle kom, verwelkom hom.” (Kol. 4: 10)

Menige mense het oor gasvryheid en om ontvanklik vir ander se behoefte te wees gedink en hier is ook enkele aanhalings wat gasvryheid en die implikasies daarvan op ons lewe so goed beskryf, en ek glo, wat ook weerkaats wat Jesus Christus van ons sou verwag. Om ontvanklik te wees om situasies wat anders is as waaraan ons gewoond is te hanteer, is dikwels moeilik, maar kan ongelooflik verrykend wees vir elkeen wat die waagmoed het om in onbekende waters in te beweeg. Ons mense bestaan gaan nie net oor onsself nie, maar oor wat elkeen deur die leiding van die Heilige Gees vir ander mense kan beteken. Ons moet besef dat ons onlosmaaklik aan mekaar verbind is vir ‘n rede; om mekaar te dien soos wat Jesus Christus so wonderlik vir ons kom demonstreer het. Hy was ingestel op die behoefte van ander in nood, en het hulle innig lief gehad.

Wanneer ons hart vol is van onsself, bly daar geen ruimte meer oor om ander gasvry te ontvang nie.” (Vader Deschacht); “Dis die diepste sin van gasvryheid: dat die een mens aan die ander ‘n rusplek verleen op sy groot tog na die ewige huis.” (Romano Guardini); “Gasvryheid gaan nie net oor ander mense nie, maar oor die vermoë om ‘n stukkie van jouself te kan weggee. Gasvryheid is ‘n konkrete manier waarmee jy die genade en goedheid wat jy van God ontvang het, kan aangee.” (Braam Hanekom); “Ons is deur ontelbare bande met mekaar verbind. Ek het ander nodig nie net omdat hulle soveel vir my kan doen nie, maar ook omdat ek soveel vir hulle kan beteken. Ek het oë en ore om ander te ontdek, voete om na hulle te gaan, hande om te gee en te help en ‘n hart om lief te hê.” (Phil Bosmans)

Jesus het besef dat dit nie vir ons maklik sal wees nie, en het dit vir ons duidelik kom sê, dat ons onsself sal verloor! Maar met watter onbeskryflike genade reddingsprys. Ons moet mekaar, en almal om ons liefhê! Dis slegs in innige liefde en deur leiding van die Heilige Gees, wat die omgee vir ‘n ander jou in staat stel om jouself te verloën, en elke dag die kruis op te neem. Laat ons elke dag die genade gawe van die Vader, die Seun en die Heilige Gees in gebed vra, sodat ons die vermoë kan ontwikkel om ontvanklik te wees vir mense wat anders is, en met empatie die nood van ander raak te sien en te verlig; en dit elke dag deel van ons lewe te maak.

In al hulle nood was ook Hy in die nood. Die Engel van sy teenwoordigheid het hulle verlos. In sy liefde en medelye was dit Hy wat hulle vrygekoop het. Hy het hulle opgetel en hulle gedra, al die jare van lank gelede af.” (Jes. 63: 9);
Toe het Hy vir almal gesê: “ As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg; want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit red. Want wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins bekom, maar homself verloor of skade aangedoen het?” (Luk. 9: 23-25);
Bo alles moet julle mekaar innig liefhê, omdat die liefde ‘n menigte sondes bedek”. Wees gasvry teenoor mekaar, sonder om te mor.” (1 Pet 4: 8-9)

Skep asem vir vandag: 8 Junie 2025

Dagstukkies April

8 Junie

Liewe ….

My wens vir jou is dat vandag net ‘n goeie dag sal ervaar. Gister het jy gehoor dat jy ‘n vredemaker moet wees. My gebed is dat jy die diepte van Christus se vergifnisdaad aan die kruis sal verstaan. Ek hoop jy word werklik iemand wat ander mense vryspreek. Hier is God se Woord vir jou.

Tema: Hou aan om mense te vergewe

Teks: “Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. (Gen 50:19)

  • Die Here se Naam is baie groot, daarom hou Hy aan om jou te vergewe (Ps. 25:11).
  • Moenie toelaat dat jou verlede, jou verkeerde keuses of selfs sondes uit die verlede jou vashou, bind en geluk wegneem nie.
  • Moenie ‘n wrok teen mense hou nie. Spreek hulle volkome vry.
  • Ware vergifnis vind ook plaas wanneer jy ook jouself vir die verkeerdhede van die verlede vergewe.
  • Die Here van genade vergeet alles wat jy verkeerd gedoen het (Eks 34:7).

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my help om ook te vergewe soos U vergewe.

Ek dank U dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 Junie 2025

Dagstukkies April

7 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat jy terwyl hulle leef aan jou hartsmense liefde en waardering gee, hoop ek dat dit vandag met jou goed gaan. My gebed is dat jy die waarde van vergifnis sal ontdek. Hier is die Woord van die Here vir jou.

Tema: Vergewe en vra om vergewe te word

Teks: “’Julle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe.’ Vergeef ons tog nou die misdaad.” (Gen 50:17)

  • Jy kan nie los kom van verkeerde optrede nie – wat jy aan ander gedoen het of wat ander aan jou gedoen het.
  • Jou eerste instink is om ander mense in eie munt terug te kry.
  • Herstel eerder jou verhouding met hierdie mense – soek vergifnis en vra vergifnis.
  • Moenie skaam, bang of te trots wees om vandag vergifnis te vra of te gee nie.
  • Gelukkig is jy as jy vrede maak met mense wat in vyandskap met mekaar leef (Matt. 5:9).

Gebed

Liewe Vader, maak my iemand wat bekend staan as ‘n vredemaker.

Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 Junie 2025

Dagstukkies April

6 Junie

Liewe ….

Ek wens jou vandag toe: gesondheid, genade en ‘n goeie lewe. Jy het gister gehoor dat God se optrede onverstaanbaar is. Ek hoop en bid dat jy die waarde van jou hartsmense sal verstaan. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Liefde vir hartsmense

Teks: “Josef het toe oor sy pa gebuk en hom al huilende gesoen.” (Gen 50:1)

  • Almal word met die dood van hartsmense gekonfronteer – ‘n man of vrou, kinders of ouers, broers of susters, oupas of oumas, vriende, kolegas of selfs kennisse.
  • Dit is goed as jy huil en treur wanneer so iemand naby aan jou sterf (1 Tess 4:13-14).
  • Dit beteken niks om, ná hul dood,l iets groots vir hulle te wil doen nie – hulle is nie daarvan bewus is nie – ‘n groot roudiens is nutteloos.
  • Dit is eerder belangriker om, terwyl hulle leef, met jou hartsmense goeie verhoudinge te hê.
  • Die is belangrik om op aarde aan jou hartsmense jou liefde en waardering oor te dra – ja, terwyl hulle leef.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek geleenthede het om aan mense te wys dat ek hulle waardeer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Junie 2025

Dagstukkies April

5 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat dinge altyd weer reg kom, hoop ek dat mense vandag aan jou liefde en goedheid sal bewys. Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Ons kan nie God se optrede verklaar nie

Teks: “Josef het vir sy pa gesê: “Dit hoort nie so nie, … Maar sy pa het geweier en gesê: “Ek weet dit, my seun. (Geb 48:18-19)

  • Daar is tye in jou lewe waar jy dink dat God verkeerd optree.
  • Die Here weet wat Hy doen en waarom Hy dit toelaat.
  • Die Here verduidelik nie altyd waarom sekere dinge gebeur nie.
  • Soms vra dit net geloof en nie ook verklarings nie.
  • Sê altyd vir die Here dankie. Wees hoopvol. Leef met verwagting. Leef voluit.

Gebed

Liewe Vader, gee my ‘n onwrikbare vertroue in U goedheid, selfs al verstaan ek dit nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Junie 2025

Dagstukkies April

4 Junie

Liewe ….

My wens is dat vandag gesond sal wees. Gister het jy gehoor dat jy nie moet uitstel voordat jy dinge doen nie. Mag jy raaksien dat die Here jou altyd help. Hier is ‘n spesiale boodskap aan jou.

Tema: Dinge sal weer volkome regkom

Teks: “Hulle het vir Josef gesê: “U het ons lewe gered. Meneer is ons goedgesind.” (Gen 47:25)

  • Slegte dinge hou nie vir altyd aan nie.
  • Jy kan baie bly wees dat jy weer goeie tye sal ervaar.
  • Dit kan dalk ‘n rukkie neem, maar dit kom verseker.
  • Dan is daar meer geluk en voorspoed as wat jy vroeër gehad het.
  • Wees op die uitkyk vir die uitkomste wat die Here vir jou gee.
  • Die Here sorg, want Hy gee om vir jou.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie vir die nuwe geleenthede wat U vir my gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Junie 2025

Dagstukkies April

3 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat die lewe ewigheidswaarde het, is my wens dat jy vandag goeie nuus sal kry en gelukkig wees. Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.

 Tema: Van uitstel kom afstel

Teks:“Hoe lank gaan julle nog talm voor julle die land in besit gaan neem wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het?” (Jos 18:3).

  • Soms gee die Here ‘n nuwe seisoen en uitkoms aan jou, tog talm jy om dit te vat en jou eie te maak.
  • Die tyd het aangebreek om die oplossings, antwoorde en nuwe seisoene wat God aan jou gee aan te gryp.
  • Wanneer jy huiwerig is om God se nuwe seisoene en oplossings uit te voer, mis jy wonderlike nuwe geluk in jou lewe.
  • Moenie langer uitstel nie. Die Almagtige God sal jou help om dit waar te maak.

Gebed

Liewe Vader, ek dank U dat U my help om oor te begin en nuwe geleenthede in my lewe te kry.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Junie 2025

Dagstukkies April

2 Junie

Liewe ….

Gister het ons gesien dat jy meer ontvang as wat jy verwag. Daarom hoop ek dat jy vandag ‘n goeie dag sal geniet. My gebed is dat jy jou geestesoë sal oopmaak en verstaan dat jy eintlik nie hier op aarde tuis hoort nie. Jy is op reis na die ewige lewe by God. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Op reis van die aarde na die lewe by God

Teks: “Jakob het vir hom gesê: “Ek is nou al honderd en dertig jaar ‘n vreemdeling hier op aarde.” (Gen 47:9)

  • Jy is soos ‘n besoeker hier op die aarde. Eintlik kuier jy net hier (1 Pet 2:11).
  • Dit mag gebeur dat in jou alledaagse lewe dinge gebeur wat nie vir jou lekker is nie (1 Pet 1:6).
  • Dit toets jou geloof. Moenie dat dit jou van stryk bring nie ( 1 Pet. 1:6-7).
  • Fokus op die dinge wat ewigheidswaarde het. Laat dit jou deur alles motiveer.
  • Bly op Jesus vertrou. Almal sal daaroor praat.

Gebed

Liewe Vader, help my dat ek soos iemand wat na U op reis is, leef – gefokus op U.

Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Die Heilig Gees!

Stof tot nadenke - Die heilige Gees

Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, as die eiendom van God beseël.

Eff. 1: 13

In hierdie Pinkstertyd, word ons weereens bewus van die aandeel van die Heilige Gees in God se werk. Jesus Christus wat nie net met water gedoop was nie, maar ook met die Heilige Gees gedoop is, in die teenwoordigheid van God self. Christus self het ons attent gemaak op hoe belangrik die Heilige Gees is. Johannes Calvyn het dit ook mooi verwoord: “As ons die Heilige Gees van God erken as die fontein van waarheid, sal ons die waarheid nooit verag nie, in watter vorm dit ook al kan voorkom…”

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Heilig Gees!”

Skep asem vir vandag: 1 Junie 2025

Dagstukkies April

1 Junie

Liewe ….

Kan jy dit glo. Vandag begin ons sesde maand van die jaar. Mag jy ‘n wonderlike geseënde sesde maand beleef en geniet. Hier is God se Woord.

Tema: Jy sal meer ontvang as wat jy verwag

Teks: “ En as jy weet van knap manne onder hulle, moet jy dié in bevel plaas van my vee… Hy het vir hulle die beste deel van Egipte gegee…” (Gen 47:6)

  • God is vir jou baie goed.
  • God wat vol van genade is, weet wat jy nodig het.
  • God wat vol van genade is, sal jou help om jou uitdagings baas te raak.
  • Die Here gee onverwags meer aan jou as wat jy verwag.
  • Sê vir die Almagtige God vir alles wat Hy vir jou doen dankie.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U goed is en aan my meer gee as wat ek vra en verwag.

Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 31 Mei 2025

Dagstukkies April

31 Mei

Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema : Leerervarings bring geleenthede

Teks: “Jakob het vir Juda vooruit gestuur na Josef toe om hom te laat weet dat hy op pad is na Gosen toe.” (Gen 46:28)

  • Laat jou mislukkings agter en begin weer van voor af leef.
  • Wanneer jy die Here vertrou, kan jy verwag dat wonderlike dinge sal gebeur.
  • Hy verander sonde en mislukkings in leerervarings.
  • Hy maak leerervarings leierskapsgeleenthede.
  • Hy maak leerervarings nuwe geleenthede waaruit jy die beste kan kies.
  • Hy gee oorwinning! Hy gee sukses! Hy gee geluk!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my nuwe geleenthede van hoop gee.
In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Mei 2025

Dagstukkies April

30 Mei

Mag jy iemand van hoop en geloof wees. Hier is God se spesiale Woord vir jou.

Tema : Die Here sal jou meer gee as wat jy gehad het

Teks: “Moenie bang wees om na Egipte toe te gaan nie, want Ek sal jou daar ‘n groot nasie maak.” (Gen 46:3)

  • Wanneer jy die Here vertrou, kan jy verwag dat die regte geleenthede na jou sal kom.
  • Hy is nie doof nie — Hy hoor jou. Sy arm is nie kort nie — Hy help jou (Jes. 59:1).
  • Begin dadelik in gehoorsaamheid leef.
  • Moenie langer uitstel nie.
  • Hy wil en sal jou gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek binne U genade kan leef.

In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Mei 2025

Dagstukkies April

29 Mei

Mag jy sien hoeveel keer God presies vir jou goeie dinge in jou lewe laat gebeur. Hier is ‘n spesiale gedagte uit God se Woord vir vandag.

Tema : Jy sal geluk beleef

Teks: “En hulle pa Israel het gesê: “Ek verlang niks meer nie. My seun Josef leef, en ek wil hom net sien voor ek sterf.” (Gen. 45:28)

  • Staan sterk en byt vas — God is altyd met jou!
  • Jy sal gelukkig wees, want die Here God sorg dat dit met jou goed gaan (Ps. 128:2).
  • Jy staan in die sonskyn van Sy goedheid — die Here is ontsettend goed vir Sy kinders (Ps. 128:4).
  • Wees op die uitkyk na die geluk wat die Here elke dag vir jou gee.
  • Leef met hoop! Wees gelukkig! Dank die Here!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my altyd gelukkig maak.

In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Mei 2025

Dagstukkies April

28 Mei

Mag jy iemand van hoop en geloof wees. Hier is God se spesiale Woord vir jou.

Tema : Leef in vertroue en hoop

Teks: “Moenie langs die pad bang word en begin twyfel nie.” (Gen. 45:25).

  • Moenie twyfel oor die goedheid en genade van die Here nie.
  • Ongeag wat met jou gebeur, die Here is presies Wie jy nodig het.
  • Ontvang die goeie dinge wat Hy elke dag vir jou doen.
  • Aanvaar dit! Geniet dit! Leef dit!
  • Wees gelukkig en lewe ‘n vol lewe.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my ‘n vol lewe gee.

In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 27 Mei 2025

Dagstukkies April

27 Mei

Ek bid dat jy sal hoor hoe die Here jou roep om na Hom te gaan. Ek bid dat jy na Hom sal gaan. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema : Hy roep jou! Hy wag vir jou!

Teks: “Kom na my toe. Moenie talm nie, kom bly in die Gosenstreek.” (Gen. 45:10)

  • Die Here weet jy het ‘n behoefte aan geluk en ‘n beter lewe.
  • Hy roep jou sodat Hy in al jou aardse en geestelike behoeftes kan voorsien (Jes. 55:1-3).
  • Die Here gee vir almal wat Hy liefhet al die goeie dinge – selfs in hulle slaap (Ps. 127:3).
  • God wil jou gelukkig maak — sien jou geleenthede raak, en gryp dit aan (Jes. 55:1-3).

Gebed

Liewe Vader, so baie dankie vir al die geluk wat U oor my pad bring.
In die Naam van Jesus, die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Mei 2025

Dagstukkies April

26 Mei

Ek hoop dat jy sensitief sal wees vir die nuwe uitkomste wat die Here in die lewe gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema : Kyk reg na die lewe

Teks: “Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red.” (Gen. 45:5)

  • Fokus op die regte dinge van jou lewe.
  • Moenie dat slegte omstandighede jou onderkry of met jou op loop gaan nie (Fil 4:12).
  • Wees tevrede met wat ook al met jou gebeur (Fil 4:11).
  • Hy sal vir jou sorg deur jou te gee wat jy nodig het (Fil 4:19).
  • Fokus op die goeie goed wat God in jou lewe waar maak.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd vir my genoeg gee.

In die Naam van Jesus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Oorvloed

…Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

Joh. 10: 10

Oorvloed word deur mense dikwels verskillend geïnterpreteer. Sommige dink dit het te doen met rykdom en finansiële gewin, ander met die genietinge van die lewe. In die Ou Testament is dit dikwels verstaan dat oorvloed uit die Here se hand kom; hetsy of dit oorvloed in rykdom is, of die opbrengs van die jaar, of die liefde in jou lewe. Die hele Ps. 65 is ‘n pragtige danklied aan God, uit wie se hand alles ontvang word. In Christus se woorde het Hy gekom sodat ons lewe in oorvloed kan hê! Weereens is almal se persepsie van wat dit beteken verskillend.

Daar is egter ook ander dinge wat in oorvloed uit God se hand kom, naamlik oorvloed in genade, geloof, kennis, vrede, liefde, vrygewigheid en omgee vir ander.

Soos julle nou van alles oorvloed het, geloof en welsprekendheid en kennis en alle ywer en die liefde, wat deur ons toedoen onder julle is, sorg dat julle ook in hierdie genadewerk oorvloedig is.” (2 Kor. 8: 7);
…hulle wat uitverkies is volgens die voorkennis van God, die Vader, om deur die heiligmaking van die Gees gehoorsaam te wees, en met die bloed van Jesus Christus besprinkel te word: Mag genade en vrede in oorvloed aan julle geskenk word!” (1 Pet. 1: 2);
Judas, dienskneg van Jesus Christus, en broer van Jakobus, aan die geroepenes, diegene wat hulle in die liefde van God die Vader bevind, en vir Jesus Christus bewaar is: Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle gegee word.” (Jud. 1: 2)

‘n Oorvloedige lewe, met diepte en betekenis, kan lekker en heel eenvoudig wees. Soos wanneer ons ontdek dat God ons elkeen in ons uniekheid lief het, net soos ons is. Daar is ook verseker ‘n spesiale doel vir elkeen van ons. Ons moet leer om almal lief te hê, want liefde is iets wat mens moet uitdeel en weggee. Dit gaan nie net oor onsself nie, en dis wonderlik om die vreugde en dankbaarheid te ervaar van mense wat ontvang.

Julle huidige oorvloed vul hulle tekort aan, sodat hulle oorvloed weer julle tekort aanvul, en dan so ewewig kan wees. Soos daar geskryf staan: “Die een met baie, het nie te veel gehad nie, en die een met net ‘n bietjie, nie te min nie.”” (2 Kor. 8: 14-15);
So word julle in elke opsig verryk, om in alles vrygewig te wees, en dit loop deur ons bemiddeling uit op danksegging aan God. Want die hulp van hierdie bediening voorsien nie net in die heiliges se behoeftes nie, maar lei ook tot ‘n oorvloed van baie uitinge van danksegging aan God.” (2 Kor 9: 11-12);
Beveel die rykes in die huidige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom te vestig nie, maar op God, wat alle dinge in oorvloed aan ons gee om te geniet. Beveel hulle om eerder goed te doen, ryk aan goeie dade, vrygewig en mededeelsaam te wees, om sodoende vir hulleself ‘n skat op te bou as goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe kan verkry.” (1 Tim. 6: 17-19);
’n Gulhartige persoon geniet oorvloed, en wie ‘n ander se dors les, kry self genoeg te drinke.” (Spr. 11: 25)

Hoe vind ons uit wat ons doel hier op aarde is? Ons moet saam met God die pad stap. Dit is Hy wat ons hier gewil het. Dit is Hy wat weet waarheen ons oppad is. Hoe kan ons uitvind wat ons doel is, as ons nie saam met ons Skepper die pad stap, om uit te vind nie. Deur Jesus Christus as jou Verlosser te aanvaar, en die pad van heiligmaking (om nader aan God te leef) en meer soos Jesus Christus te wees, kan ons onder leiding van die Heilige Gees ons doel bereik; in en deur die genade wat God aan ons geskenk het. ‘n Gesindheid van oorvloed maak jou nie gemaksugtig nie, maar laat jou gemaklik, veilig in die hande van God, want waar God ookal gaan is daar oorvloed.

U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed.” (Ps. 65: 12)

Die lewe saam met God, die Vader, Jesus Christus, die Verlosser en die Heilige Gees, die Trooster gee ons ‘n innerlike vrede en onuitspreeklike vreugde. Jesus Christus is die weg en die waarheid en die lewe!

Die doel was dat dit duidelik sou blyk dat die egtheid van geloof – ‘n egtheid wat baie kosbaarder is as goud, wat verganklik is, maar nogtans met vuur getoets moet word – uitloop op lof en heerlikheid en eer wanneer Jesus Christus geopenbaar word. Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie; en al sien julle Hom nie nou nie, glo julle in Hom, en jubel julle met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, omdat julle reeds deel het aan die doel van julle geloof…” (1 Pet. 1: 7-9):
Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”” (Joh. 14: 6)

Skep asem vir vandag: 25 Mei 2025

Dagstukkies April

25 Mei

My hoop vir jou is dat jy iemand van hoop en vreugde vir alle mense sal wees. Hier is Sy Woord net aan jou vandag.

Tema : Vertrou die Here

Teks: “Vat die manne na my huis toe. Laat slag en laat ‘n ete voorberei, want hulle moet vanmiddag by my eet.” (Gen. 43:16)

  • Jy het niks om voor bang te wees nie.
  • Jy het baie rede om oor die toekoms positief te wees.
  • Dit is die Almagtige God wat toe deure vir jou oopbreek.
  • Jy het niks om voor bang te wees nie, want Hy sorg, gee hoop en verseker ‘n mooi toekoms.
  • Prys die Here met jou hele lewe (Ps. 138:1).

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U vir my hoop en ‘n toekoms gee.

In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 Mei 2025

Dagstukkies April

24 Mei

My gebed is dat jy sal leer om God vir jou lewe te vertrou. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema : Jy is in die hande van die Here

Teks: “Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red.” (Gen 45:5)

  • Wees rustig! Jy is totaal van God se getrouheid afhanklik.
  • Die God wat omgee se hart is vol van deernis en genade vir jou.
  • Die Here God is jou helper. Hy kom en versorg jou.
  • Hy maak jou gelukkig en oorspoel jou met Sy teerheid, hoop en liefdevolheid.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U die Een is wat altyd vir my omgee en my versorg.
In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 Mei 2025

Dagstukkies April

23 Mei

Mag jy vandag vir ander mense die een seën op die ander wees. Maak God se Woord vandag jou eie.

Tema : Jy sal ‘n dubbele seën kry

Teks: “Toe Josef inkom, bring hulle vir hom die geskenk wat hulle saamgebring het, na die huis toe. Toe buig hulle diep voor hom.” (Gen 43:26)

  • Soms mag dit so voel, maar jy is nie alleen nie. Die Here is by jou!
  • Nou, op hierdie oomblik, wanneer jy oor jou toekoms dink, onthou dat God deel daarvan is.
  • Jy sal ‘n dubbele seën van die Here die Almagtige ontvang (2 Kon 2:9-10; Jes. 61:7).
  • Hy sal jou twee keer meer gee as wat jy het (2 Kon 2:9-10; Jes. 61:7).
  • Daarom sal jy baie bly wees.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U mense gelukkig wil hou — gee my ook daardie dubbele geluk.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.