12 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal leer om volkome op die Here te vertrou vir alle uitkomste. Hier is God se Boodskap net vir jou.
Tema: Die Here gee aan jou die uitkoms
Teks:“Julle kan maar op Hom vertrou” (Deut. 32:4e – Die Boodskap)
- Wanneer jy angstig raak, maak jy jou eie planne. Dit is egter God wat werklike uitkomste gee.
- Glo en vertrou dat Hy alleen jou op jou lewenspad kan help – niemand anders nie.
- Stap hierdie pad agter Hom aan, al vra dit praktiese geloof en praktiese vertroue.
- Laat Hom die uitkomste bepaal terwyl jy gehoorsaam volg.
- Jy sal verwonderd wees oor die wonders wat Hy in jou liewe waar maak.
Gebed
Liewe Vader, gee my vertroue in U.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


