9 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here hanteer jou regverdig en sonder diskriminasie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Die Here diskrimineer nie teenoor jou nie
Teks:“Hy tree altyd reg en goed teenoor almal op” (Deut. 32:4b – Die Boodskap)
- Anders as mense, hanteer die Here alle mense dieselfde – Hy diskrimineer nie.
- Die Here hanteer jou dieselfde as wat Hy belangrike mense hanteer – dit is jou troos.
- Doen vandag dieselfde as Hy – hanteer alle mense dieselfde, ongeag hulle status.
- Wees ‘n instrument van God se regverdigheid deur alle mense met respek te behandel.
- Hanteer ander mense met menswaardigheid, en hulle sal jou versorg.
Gebed
Liewe Vader, help my om alle mense dieselfde te hanteer.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


