Skep asem vir vandag: 28 November 2025

Dagstukkies April

28 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal verstaan wat ware verbintenis in die huwelik beteken. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Tot die einde toe saam in my huwelik

Teks: “Ek sal gaan met Ma, waar Ma ook al heen gaan” (Rut 1:16 – Die Boodskap)

  • Rut het besluit om alles agter te laat en ‘n nuwe lewe saam met Naomi te begin.
  • Dit is dieselfde beginsel in die huwelik – twee mense kom saam en begin ‘n nuwe lewe.
  • Bou aan jou huwelik en help ander net so om ook aan hulle huwelike te bou.
  • Verbind jouself geheel-en-al aan jou huweliksmaat in woord en daad, ongeag omstandighede.

Gebed:

Liewe Vader, help my om tot die einde toe aan my huweliksmaat verbind te wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 27 November 2025

Dagstukkies April

27 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om onselfsugtig te leef en goeie verhoudings te bou. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Leef onselfsugtig

Teks: “Jou skoonsuster is terug na haar eie mense toe waar sy weer haar eie geloof kan uitleef. Doen jy dit ook nou” (Rut 1:15 – Die Boodskap)

  • Orpa het ‘n keuse gemaak wat vir haar gepas het, maar dit het verhoudinge verbreek.
  • Jy kan jou selfgerigte keuses goed motiveer, maar die resultate daarvan is dikwels katastrofies.
  • Kies onselfsugtig – verhoudinge groei slegs wanneer jy nie net aan jouself dink nie.
  • Stel vandag ander mense se behoeftes eerste – dit bou sterk, blywende verhoudinge!

Gebed

Liewe Vader, help my om onselfsugtig te leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 November 2025

Dagstukkies April

26 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal bid vir goeie huweliksmaats vir jouself en jou geliefdes. Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema: Goeie huweliksmaats kom van die Here af

Teks: “Ek bid dat die Here vir julle elkeen weer ‘n goeie huweliksmaat gee” (Rut 1:9 – Die Boodskap)

  • Naomi gun vir haar skoondogters goeie mans en nageslag!
  • Dit is belangrik om te verstaan dat goeie huweliksmaats van die Here af kom.
  • Bid vir jouself, jou kinders en familie dat elkeen die goeie huweliksmaat sal ontvang wat God stuur.
  • Vertrou dat die Here die regte persoon op die regte tyd sal bring vir jou en jou geliefdes.

Gebed

Liewe Vader, laat ons die goeie huweliksmaats wat U stuur omarm.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 November 2025

Dagstukkies April

25 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies wat die beste vir ander mense is, nie net vir jouself nie. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Dink aan ander mense

Teks: “Mag die Here julle met Sy liefde versorg omdat julle so goed was vir my en julle mans” (Rut 1:8 – Die Boodskap)

  • Naomi het nie aan haarself gedink nie, maar aan haar skoondogters.
  • Dikwels soek jy na dit wat vir jou gemaklik is, nie wat vir ander die beste is nie.
  • Voor jy vandag kies en besluit, dink na oor wat die beste keuse vir ander rondom jou is.
  • Maak daardie keuse wat ander sal bevoordeel, selfs al kos dit jou iets.
  • Jy sal sien hoe gelukkig dit jou maak as jy so leef.

Gebed

Liewe Vader, help my om so te kies dat ek dit wat vir ander mense goed is, sal doen.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 November 2025

Dagstukkies April

24 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here draai altyd die wiel en gee uitkoms. Hier is God se Boodskap.

Tema: Die Here sal uitkoms gee

Teks:“‘n Rukkie later het Naomi… gehoor dat die Here dit weer beter laat gaan het in Juda” (Rut 1:6 – Die Boodskap)

  • Die goeie nuus is dat die wiel altyd draai – dinge sal verander.
  • Net wanneer jy dink dit kan nie slegter gaan nie, gee die Here uitkoms.
  • Hou jou oë oop vir die uitkoms wat wag – dit is reeds daar!
  • Gryp die uitkoms wat Hy gee met beide hande aan. Stap vorentoe in geloof.

Gebed

Liewe Vader, laat my U genade raaksien. Dankie dat U altyd uitkoms gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke

“Vertrou op die Here en doen die goeie, bewoon die land en waak oor betroubaarheid.“

Ps. 37: 320

Die Psalmdigter wys daarop dat ons moet waak oor betroubaarheid. Kan ons as mense egter betroubaar wees? Selfs Salomo het gereken dat geen man betroubaar is nie. Kan ons deur ons lewe hoegenaamd poog om betroubaar te wees?

Lees meer “Stof tot nadenke”

Skep asem vir vandag: 23 November 2025

Dagstukkies April

23 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here dra jou wanneer jou lewe uiteen val. Hier is God se Woord.

Tema: Soms maak dinge net nie sin nie

Teks: “Naomi was toe sonder enige familie van haar eie in die land Moab” (Rut 1:5 – Die Boodskap)

  • Naomi het alles verloor – besittings, man en seuns – en dit het geen sin gemaak nie.
  • Soms gebeur dinge met jou wat jou lewe uit mekaar skud en geen sin maak nie.
  • Hou vandag vas aan die Here omdat Hy steeds saam met jou die pad stap.
  • Hy dra jou wanneer dit voel asof jy die wêreld dra omdat jou lewe inmekaarstort.
  • Doodloopstrate is slegs rusplekke. Dit is die wegspringplek vir ‘n nuwe seisoen.

Gebed

Liewe Vader, gee my krag om deur my probleme te leef en oorwinning te behaal.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 November 2025

Dagstukkies April

22 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal begin werk aan ‘n persoonlike verhouding met God. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Ken God persoonlik

Teks:“Hulle het met mekaar gepraat, en hulle het mekaar persoonlik geken” (Deut. 34:10d – Die Boodskap)

  • Die grootste item op Moses se getuigskrif was dat hy en God met mekaar gepraat en mekaar persoonlik geken het.
  • Wat ‘n aangrypende getuienis – dat jy met God kommunikeer en julle mekaar persoonlik ken!
  • Begin nou skuiwe maak sodat jy deur gebed met God kommunikeer en deur die Bybel Hom hoor praat.
  • Werk daaraan om ‘n persoonlike verhouding met Hom te hê, nie net kennis van Hom nie.

Gebed

Liewe Vader, help my om U persoonlik te ken.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 November 2025

Dagstukkies April

21 November

My wens en gebed is dat jy vandag so sal leef dat ander jou as God se vriend sal beskou. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Wees ‘n vriend van God

Teks:“Want die Here het Moses as Sy vriend beskou” (Deut. 34:10c – Die Boodskap)

  • Wat ‘n wonderlike item op Moses se getuigskrif – Moses was God se vriend!
  • Hoe dink jou gesin, familie en vriende oor jou? Sien hulle jou as God se vriend?
  • Begin vandag so leef dat almal wat jou ken jou as die Here God se vriend sal beskou.
  • Vriendskap met God kom deur gehoorsaamheid, vertroue en om tyd saam met Hom deur te bring.

Gebed

Liewe Vader, laat ek U voluit dien sodat ek U vriend kan wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 November 2025

Dagstukkies April

20 November

My wens en gebed is dat jy vandag nie skaam sal wees om te sê wat God in Sy Woord leer nie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Luister na dit wat God sê

Teks:“Hy het vir die volk kom sê wat die Here hom beveel het” (Deut. 34:10b – Die Boodskap)

  • Moses se getuigskrif was dat hy geluister het na wat die Here gesê het en dit oorgedra het.
  • Dit moet ook op jou getuigskrif staan – jy het onwrikbaar die wil van die Here vertel en geglo.
  • Moenie skaam of bang wees om te vertel wat God in Sy Woord vir jou sê nie.
  • Begin vandag om dit te doen soos Moses dit gedoen het – wees ‘n boodskapper van God se waarheid.

Gebed

Liewe Vader, gee my moed om U waarheid met ander te deel.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Die Christuskers: Die Lig wat Beloof is

Advent - NG Kerk Groot-Brakrvier

Die bestemming

Vir vier weke het ons die lig sien groei. In die sagte gloed van die pers en pienk kerse het ons ons harte voorberei. Ons het die Hoop van die profete, die Liefde wat die hart van die Vader beweeg het, die Vreugde wat die herders ontstel het, en die Vrede wat alle verstand te bowe gaan, oordink. Hierdie vier vlamme was ons gidse, elk ‘n pragtige, gedeeltelike lig wat ‘n faset van ‘n glorieryke geheel verlig.

Maar nou is die wag verby.

Lees meer “Die Christuskers: Die Lig wat Beloof is”

Die Vierde Kers van Advent: Die Vrede wat die Storm Bedaar

Advent - NG Kerk Groot-Brakrvier

Vrede

Ons het deur die weke van Advent gereis in die lig van toenemende vlamme. Die hardnekkige hoop van die profete, die asemrowende liefde van die Vader, die ononderdrukbare vreugde van die herders – dit was ons gidse. Nou kom ons by die laaste Sondag voor Kersfees. Ons steek die vierde pers kers aan. Die tema daarvan is Vrede.

Lees meer “Die Vierde Kers van Advent: Die Vrede wat die Storm Bedaar”

Die Derde Kers van Advent: Die Vreugde wat Jou Vind

Advent - NG Kerk Groot-Brakrvier

Die Derde Kers – Vreugde

Daar is ‘n verandering in die lug op hierdie derde Sondag van Advent. As jy mooi na die krans kyk, kan jy dit sien. Te midde van die plegtige pers verskyn ‘n nuwe kleur: ‘n sagte, rooskleurige pienk. Dit is Gaudete Sondag—van die Latynse woord vir “Verbly jou!“—en hierdie klein kleurverskuiwing is soos ‘n glimlag wat deurbreek te midde van ‘n ernstige gesprek. Dit is die kerk se sagte stootjie wat vir ons harte sê dat dit tyd is om ons blik op te slaan. Die wag is amper verby; vreugde is nou in sig.

Lees meer “Die Derde Kers van Advent: Die Vreugde wat Jou Vind”

Die Tweede Kers van Advent: Die Waarom Agter die Wag

Advent - NG Kerk Groot-Brakrvier

Van “Wat” na “Waarom”

Verlede week het ons ‘n enkele vlam in die groeiende duisternis aangesteek. Ons het dit Hoop genoem. Dit was die stille, hardkoppige vertroue in ‘n belofte wat nog onvervuld is. Ons het saam met die profete en die voorgeslagte gestaan, vorentoe gekyk, gewag vir die “wat”—die Messias, die Redder, die komende Koning.

Lees meer “Die Tweede Kers van Advent: Die Waarom Agter die Wag”

Die Eerste Kers van Advent: Die Hardkoppige Vlam van Hoop

Advent - NG Kerk Groot-Brakrvier

Inleiding

As jy al ooit in die donker vir iets gewag het, ken jy die krag van ‘n enkele, klein liggie. Dit oorstroom nie die kamer met helderheid nie. Dit openbaar nie al die besonderhede nie. Maar dit hou die donkerte op ‘n afstand. Dit bewys dat die nag nie gewen het nie. Dit gee jou net genoeg lig om die volgende stap te neem, en die moed om aan te hou wag vir die dagbreek.

Dit is die hoop van die eerste Adventkers.

Lees meer “Die Eerste Kers van Advent: Die Hardkoppige Vlam van Hoop”

‘n Lig in die Duisternis: ‘n Inleiding tot Advent en die Vyf Kerse

Advent - NG Kerk Groot-Brakrvier

Inleiding

Terwyl die somer son warmer word en helder skyn, wend ons, ons harte en gedagtes na ‘n ander soort lig – die soort wat nie uit die son skyn nie, maar uit die hart van God. Die Adventseisoen, wat ons so vreugdevol inlei met ons Kerssangdiens van 23 November, is ‘n heilige uitnodiging. Dit is ‘n oproep om kalm te word, te besin en voor te berei, nie net vir ‘n historiese herinnering van Christus se geboorte nie, maar vir ‘n lewende, huidige ontmoeting met Jesus Christus.

Ons gaan in hierdie reeks van 6 artikels stil staan by die dieper betekenis van Advent en die spesifieke kers wat ons elke week aansteek.

Lees meer “‘n Lig in die Duisternis: ‘n Inleiding tot Advent en die Vyf Kerse”

Skep asem vir vandag: 19 November 2025

Dagstukkies April

19 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om naby die Here te leef en die beste vir ander te soek. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Watter getuienis laat jy agter?

Teks:“Daar was nie nog ‘n man soos Moses nie” (Deut. 34:10a – Die Boodskap)

  • Moses was uniek omdat hy so naby die Here geleef het. Hy wou net die beste vir die volk gehad het.
  • Net so moet jy ‘n punt maak om naby die Here te leef- deur gebed, Bybel te lees en ‘n goeie voorbeeld te stel.
  • Soek vandag die beste vir alle ander mense, nie vir jouself nie.
  • Jou nabyheid aan die Here God is sigbaar in wyse waarop jy ander mense behandel.

Gebed

Liewe Vader, laat ek naby U leef en die beste vir ander mense soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 18 November 2025

Dagstukkies April

18 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal leef op so ‘n manier dat mense jou geestelike voorbeeld sal mis. Hier is geestelike brood vir vandag.

Tema: Sal mense jou dan ook mis?

Teks: “Die mense van Israel was baie hartseer oor Moses, hulle leier” (Deut. 34:8)

  • Die Israeliete het lank oor Moses getreur omdat hy hulle geestelike leier was.
  • Mense treur oor die verlies van baie dinge – rykdom, status, besittings of selfs vriende en familie.
  • Rou jy oor geestelike agteruitgang???
  • Leef so dat as jy sterf, mense sal treur omdat hulle jou liefde en geestelike voorbeeld gaan mis.
  • Maak vandag ‘n verskil in mense se geestelike lewens, nie net in hulle omstandighede nie.

Gebed

Liewe Vader, laat ek so leef dat mense my geestelike voorbeeld raaksien.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 November 2025

Dagstukkies April

17 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal glo en vertrou in die unieke, Almagtige God. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here is uniek

Teks:“Daar is niemand soos die God van Israel nie!… Hy is die Koning van die heelal” (Deut. 33:26 – Die Boodskap)

  • Die Here God is uniek, spesiaal, heilig en Almagtig – niemand is soos Hy nie.
  • Dit is omdat Hy so groot is dat Hy die verlede, hede en toekoms bepaal en uitvoer.
  • Glo en vertrou hierdie enigste ware God wat oor alles is en heers.
  • Hy sal jou, jou hele lewe lank ondersteun en wysheid gee.
  • Hy is die Koning van die heelal.

Gebed

Liewe Vader, help my om te glo en te vertrou dat U die Koning van die heelal is.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Die Pottebakker en Sy klei…

“Maar nou, Here, U is ons Vader. Ons is die klei en U is ons pottebakker – ons almal is die werk van u hande. Moenie mateloos toornig wees nie, Here, moenie vir altyd ons sondeskuld onthou nie! Ja, sien tog in: Ons almal is u volk.

”Jes. 64: 8-920

Wanneer mens ‘n pottebakker beleef, vanaf die klei se voorbereiding tot die finale eindproduk, besef mens wat hierdie inleidende en opvolgende verse vir mens probeer sê oor God, die Pottebakker van ons bestaan. Die Pottebakker het reeds ‘n beeld van die eindproduk in gedagte. Daar is egter ‘n groot hoeveelheid voorbereidings wat gedoen moet word, voordat daar hoegenaamd begin word. Die klei word in voorbereiding gebrei, sag gemaak, klamgemaak en gesif om alle onsuiwerhede uit die klei te verwyder. Daarna kom dit as ‘n bondel klei op die draaitafel of pottebakkers tafel waar dit verder met deeglikheid en noukeurigheid verder verwerk word.

Daar word met oorleg en met ervarings-kennis van alle beskikbare pottebakkersgereedskap gebruik gemaak. ‘n Draadsnyer, spons, ribbes, metaal skraper, hout modelerings werkstuk, ‘n lint werkstuk en ‘n skerp naaldwerkstuk, ‘n rand werkstuk en ‘n klei-gat werkstuk. Al hierdie gereedskap stukke word gebruik om die klei te vorm. Met ‘n baie stil en standvastige hand word die klei bewerk. Enige onsekerheid kan lei tot die her-begin van die finale produk. Deur al die werkery word die klei klam en nat gehou, sodat dit nie te vinnig uitdroog nie. Daar word gedurig weer her-beplan, om te verseker dat die beste produk op die tafel oorbly. Die klei word met die hande van die pottebakker in die aanvanklike proses bewerk en gevorm. Die hande hou die klei liefdevol vas, om die gewenste groote, holtes, openinge en vorm aan die gang te sit. Die rand word met die draadsnyer gelyk gemaak, en die vorm word verder met die ribbes, metaal skraper en hout modelerings werkstukke gevorm. Daarna word die versiering met skerp en snydende werkstuk gereedskap gevorm, ingesny en versier. In die proses word baie onnodige klei weggewerk. Aan die einde van die proses, word die produk losgesny van die tafel. Dit word verder stadig en stelselmatig uitgedroog, om enige barste en skeef trek te vermy. Dan word die finale produk geglasuur met verskillende kleure glasuur en word dan in ‘n baie warm potebakkersoond gebak om uiteindelik die finale produk te kry.

““Is Ek nie in staat om soos hierdie pottebakker met julle te maak nie, huis van Israel?” is die uitspraak van die Here. ‘Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, huis van Israel.” (Jer. 18: 620); “Jy sal nou vir my sê: Hoe kan Hy dan nog ‘n mens die skuld gee? Want wie kan sy wil tog teengaan?” Wie is jy tog, o mens, om God te weerspreek? Sal die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” Of het die pottebakker dan nie die reg om uit dieselfde stuk klei ‘n voorwerp vir edele gebruik of vir onedele gebruik te maak nie?” (Rom. 9: 19-2120)

Net so vorm God ons deur ons lewe. Ons word geskuur en geskaaf. Ons kry dikwels seer soos wat die klei met die skerp en snyers gereedskap gevorm word. God het ons reeds beplan nog voordat ons in die moederskoot gevorm is, om die beste ons te wees, soos wat Hy dit beplan het. Deur ons lewe ervaar ons terugslae en teenslae, wat ons nie altyd begryp nie, maar dit alles is deel van God se Pottebakkers Hand in ons lewens. Ons word dikwels losgesny van dinge wat ons standvastigheid gegee het. Ons word versier met genade gawes en die liefde van die Pottebakker. Ons moet egter onthou dat die Pottebakker ook die mag het om die kleipot wat nie voldoen aan sy skeppingsdoel nie, te breek en te vernietig.

”Het Hy, wat my in die moederskoot gemaak het, hulle nie ook gemaak nie? Het Een ons nie in die baarmoeder voorberei nie?” (Job 31: 1520); “Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God.” (Ps. 22: 1120); “Dit is immers U wat my niere geskep het, my in die moederskoot geweef het.” (Ps. 139: 1320); “Jy moet vir hulle sê: “So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Só sal Ek hierdie volk en hierdie stad breek – soos mens die kleipot van ‘n pottebakker breek, sodat dit nie weer heelgemaak kan word nie. In Tofet sal mense begrawe word weens gebrek aan begraafplek.” ” (Jer. 19: 1120)

Wanneer ons oorgee aan die leiding van God deur die Heilige Gees kan ons ook vashou aan die belofte wat God vir Jakob gee in Jesaja. Ons hoef nie bang te wees nie, want God het ons met ‘n rede, en vir ‘n doel geskep in die moederskoot. Hy sal ons met waterstrome lawe en seën. Ons grootse Pottebakker het ons geseën met die ewige lewe, wat vir ons gegee is as genadegawe, deur Jesus Christus ons Verlosser, en die bystand en leiding van die Heilige Gees. Ons kan dus as oorwinnaars lewe, wat nie van ons Skepper geskei kan word nie.

”So sê die Here, wat jou gemaak het, jou in die moederskoot al gevorm het, wat jou help; “Moenie bang wees nie, my dienskneg, Jakob, ja, Jeserum, wat Ek uitgekies het. Want Ek sal water uitgiet op dorre aarde, waterstrome op droeë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou nageslag, en my seën op jou nakomelinge. Hulle sal groei tussen gras, soos rivierwilgers langs waterstrome.” (Jes. 44: 2-420); “Maar in dit alles is ons selfs meer as oorwinnaars deur Hom wat sy liefde aan ons bewys het. Ek is immers daarvan oortuig dat nóg dood, nóg lewe, nóg engele, nóg magte, nóg teenswoordige, nóg toekomstige gebeure, nóg kragte, nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, ons sal kan skei van die liefde van God in Christus Jesus ons Here.” (Rom. 8: 37-3920)