Skep asem vir vandag: 5 November 2025

5 November

My wens en gebed is dat jy weet dat God Sy beloftes altyd nakom. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Leef met verwagting

Teks: “Hy het dit reeds vir hulle oupagrootjies belowe” (Deut. 31:7 – Die Boodskap)

  • Die Here hou Sy beloftes wat Hy aan jou gemaak het – Glo dit! Wees verseker daar! Vertrou Hom!
  • Wat nou in jou lewe gebeur, het Hy reeds vooraf beplan en belowe.
  • Kyk na die storie van jou lewe. Sien jy dat God Sy beloftes gister en vandag waar gemaak het.
  • Vertrou dat Hy dit more weer sal doen. Hy hou Sy Woord.
  • Wees gerus! Wees tevrede! Word nou rustig!

Gebed

Liewe Vader, laat ek glo dat U vir my sorg.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.