Skep asem vir vandag: 8 November 2025

8 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet jy is veilig by die Here omdat Hy jou onwrikbare fondament is. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Jy is veilig by die Here

Teks: “Hy is die Rots waarop ons ons lewe bou, en ons is veilig omdat ons by Hom is” (Deut. 32:4a – Die Boodskap)

  • Die Here is onveranderlik, permanent, betroubaar en veilig – anders as aardse goed.
  • Jou sekuriteit is nie werklik in die beveiliging van jou huis, jou werk, finansies, jou eiendom of kontrakte nie – dit alles is wisselvallig.
  • Ware veiligheid lê by die Here – soek eers beskerming en hulp by Hom.
  • Bou jou lewe vandag op die Rots wat nooit skuif nie – dan sal jy veilig en rustig leef.

Gebed

Liewe Vader, laat ek in U as die Rots van my lewe glo.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.