2 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal leer om agter die Here aan te stap. Laat Hy jou gevegte veg. Hier is God se Woord.
Tema: Stap agter die Here aan
Teks: “Die Here trek voor julle uit. Hy sal julle vyande verslaan.” (Deut. 31:6 – Die Boodskap)
- Wil jy sukses behaal? Stap agter die Here aan. Laat Hy jou reuse oorwin.
- Verstaan wat Sy wil is en doen dit – Hy sal die res hanteer.
- Leef en werk met vrede en rustigheid; jy weet die Here stap voor jou (Ps. 37:3).
- Jy kan dit doen omdat Hy wat almagtig is, voor jou uitgaan. Hy gee wat jou hart begeer (Ps. 37:4).
Gebed
Liewe Vader, help my om te weet hoe om agter U aan te stap.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


