4 November
Ek hoop dat jy vandag sal raaksien dat God nuwe geleenthede vir jou gee. Hier is God se Woord.
Tema: Begin ‘n nuwe lewe
Teks:“Jy moet hierdie volk die land inlei wat die Here belowe het om vir hulle te gee” (Deut. 31:7 – Die Boodskap)
- Soos Moses aan Josua nuwe opdragte gegee het, gee God ook aan jou nuwe opdragte, geleenthede en nuwe seisoene.
- Kyk nuut na jou lewe en sien hoe God se beloftes in jou lewe waar word.
- Verwag dat die Here ook vandag nuwe geleenthede aan jou sal gee – wees gereed daarvoor!
- Gryp elke nuwe seisoen en nuwe begin wat Hy bied met beide hande aan.
- Stap hierdie nuwe seisoen met volle vertroue vorentoe.
Gebed
Liewe Vader, help my om nuut te leef.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


