30 Oktober
My wens en gebed is dat jy vandag sal leef met die bewussyn dat God en mense jou optrede dophou. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: God sien alles
Teks: “God in die hemel en al die mense op die aarde sien wat julle vandag kies.” (Deut. 30:19 – Die Boodskap)
- Jou optrede is nie geheim nie – God sien alles, selfs waar niemand jou sien nie.
- Ander mense sien ook jou openbare optrede en beoordeel jou daarvolgens.
- Leef elke oomblik so dat die Here met jou optrede tevrede sal wees.
- Maak vandag tyd om oor jou optrede na te dink – herbelyn jou lewe met die Bybel se standaarde.
Gebed
Liewe Vader, help my om altyd voor U heilig en eerbaar te leef.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


