13 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal weet jy is die Here se oogappel en Hy vertroetel jou. Hier is God se Woord.
Tema: Jy is die Here se oogappel
Teks:“Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog” (Deut. 32:10)
- Hoewel dit vir Israel gevoel het asof hulle alleen is, het die Here hulle vertroetel soos Sy oogappel.
- Wanneer jy stoksiel alleen en in ‘n donker put voel, onthou dan, dit is nie die werklikheid nie.
- Die waarheid is: Jy is die Here se oogappel! Hy sal jou vertroetel en omhels.
- Al jou probleme sal verdamp soos vog met sonsopkoms.
- Leef vandag met die sekerheid dat jy kosbaar en geliefd in God se oë is.
Gebed
Liewe Vader, laat ek glo dat ek U oogappel is.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


