6 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here sal jou meer as genoeg gee van alles wat jy nodig het. Word getroos deur vandag se boodskap.
Tema: Jy sal genoeg ontvang
Teks:“Ek gee vir hulle ‘n land wat oorgenoeg van alles het” (Deut. 31:20 – Die Boodskap)
- Soms laat die Here jou ‘n lang pad stap, maar op die ou einde kry jy meer as genoeg.
- God se voorsiening is nie min nie – Hy gee oorgenoeg van alles wat jy werklik nodig het.
- Hou jou oë vandag oop vir die dinge wat jy van die Here sal ontvang.
- Verwag meer as wat jy nou dink jy gaan ontvang – Hy is ‘n God van oorvloed.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U aan my meer as genoeg gee.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


