1 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal leef met geloof, moed en vertroue, omdat die Here vir jou sorg. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Leef met geloof en moed
Teks: “Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie!” (Deut. 31:6 – Die Boodskap)
- God roep jou op om nie negatief oor die toekoms te wees nie – Hy sorg immers.
- Al is jy bang oor jou eie omstandighede, jou gesin, gesondheid, finansies of die land se situasie – vertrou Hom.
- Hy doen die onmoontlike (Jer. 32:17, 27).
- Wees vandag spesifiek positief, dapper en emosioneel sterk.
- Grýp elke geleentheid waar jy vandag is met moed aan en maak ’n positiewe verskil.
Gebed
Liewe Vader, gee my geloofsvertroue en maak my dapper en sterk.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


