15 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal weet daar wag nog beter dinge vir jou in die toekoms. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Daar wag beter dinge vir jou
Teks: “Daarom sal jy die land net op ‘n afstand sien, die land wat Ek vir jou volk gaan gee” (Deut. 32:52 – Die Boodskap)
- Al het Moses nie die Beloofde Land ingegaan nie, het hy wel gesien wat die vrugte van sy werk was.
- Soms kry jy nie wat jy verwag nie, maar die Here sal vir jou steeds goeie dinge gee. Dit is beter as jou eie drome.
- Wanneer jy sien wat die Here vir jou gee, gryp dit aan en woeker daarmee – maak dit meer en beter.
- Leef met verwagting dat God se beste nog vir jou voorlê, selfs al lyk dit nou nie so nie.
- Hy doen die onmoontlike. Wat vir mense onmoontlik is, is by God moontlik!
Gebed
Liewe Vader, wys vir my watter seëninge op my wag.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


