16 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om ander mense te seën en voorspoed toe te wens. Hier is God se Woord.
Tema: Wens mense voorspoed toe
Teks:“Toe het Moses die Israeliete voorspoed toegebid” (Deut. 33:1 – Die Boodskap)
- Hoe wonderlik is dit om mense te seën en voorspoed toe te wens nie.
- Ongeag hoe jy in die lewe voel, fokus op die positiewe en wens ander voorspoed toe.
- Wees vandag ‘n bron van seën en hoop vir almal wat jou pad kruis.
- Wees ‘n hoopdraer. Skep ‘n oase van hoop. Bou ‘n omgewing van hoop!
Gebed
Liewe Vader, help my om ander mense te seën.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


