14 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal besef al die goeie dinge in jou lewe kom van die Here af. God het hierdie goeie nuus vandag vir jou.
Tema: Jy sal mooi dinge ontvang
Teks:“Dis die Here wat vir Sy volk hierdie mooi land gegee het… Die Here het dit vir hulle gegee” (Deut. 32:13, 14 – Die Boodskap)
- Dit was nie Israel wat self die mooi land verkry het nie – dis die Here wat alles gegee het.
- Jy kan niks self regkry nie, die Here God gee mooi en goeie dinge. Jy kry dit nie self nie.
- Gryp elke goeie geleentheid wat die Here gee. Benut dit ten volle.
- Erken vandag dat jou volle geluk ‘n geskenk van die Hom is.
Gebed:
Liewe Vader, dankie vir die mooi dinge wat U aan my gee.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


