Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 27 Maart 2026

Dagstukkies April

27 Maart

My gebed vir jou is dat jy jou geluk by die Here God sal soek. Hier is ‘n spesiale boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Soek jou geluk by die Here.

Teks:“Keer my as ek van plan is om verkeerde dinge te doen. Moenie dat slegte dinge oor my lewe baasspeel nie. As U my help, sal ek sonder foute wees. Dan sal U my nie straf nie.” (Ps. 19:14 – Die Boodskap)

  • Jou ware geluk kom nie van mense, geld of omstandighede nie – dit kom alleen van God af.
  • Slegte dinge en verkeerde patrone kan jou lewe oorneem.
  • Maak seker jy word elke oomblik van elke dag deur God gelei.
  • Geluk is nie die afwesigheid van probleme nie – dit is die teenwoordigheid van God in jou probleme.
  • Soek vandag jou geluk by die Here – as jy Hom eerste stel, sal Hy jou gee wat jou hart begeer (Ps. 37:4).

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my ware geluk is. Help my om nie slegte patrone en gedagtes oor my lewe te laat baasspeel nie, maar U altyd eerste te soek.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 Maart 2026

Dagstukkies April

26 Maart

Ek hoop en bid dat jy die vrymoedigheid het om jou vrese aan God bekend te maak. Hier is ‘n Woord van God vir jou.

Tema: Soek net hulp by die Here.

Teks: “Ongelukkig sien ‘n mens nie altyd die dinge raak wat jy verkeerd doen nie. Here, vergewe al my foute waarvan ek nie bewus is nie.” (Ps. 19:13 – Die Boodskap)

  • God is nie ‘n harde regter wat wag om jou te veroordeel nie – Hy is ‘n liefdevolle Vader wat wag om te help.
  • Selfs wanneer jy nie weet wat jy verkeerd gedoen het nie, kan jy met vrymoedigheid na Hom toe gaan.
  • Soms weet ons nie eens wat ons foute is nie – vra God om jou geloofsoë oop te maak sodat jy geestelik kan groei.
  • Soek vandag eers hulp by die Here voordat jy ander vra om te help – Hy ken jou situasie deur-en-deur.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my foute vergewe, selfs die wat ek nie eers raaksien nie. Help my om altyd eers by U hulp te soek en U stem bo alles te hoor. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 25 Maart 2026

Dagstukkies April

25 Maart

Mag jy vandag bewus wees van die ondersteunende krag van die Here. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die Here veg vir jou.

Teks:“As jy opkyk na die hemel, sien jy hoe die ruimtes daar bo God se grootheid uitstraal… In die blou hemelruim sien jy hoe mooi God se handewerk alles rondom ons versier.”(Ps. 19:2 – Die Boodskap)

  • Die skepping vertel elke dag van God se mag en grootheid – dieselfde mag wat die son laat skyn, veg vir jou.
  • In die grootste probleme is die Here nader as wat jy dink – en Hy veg vir jou.
  • As jy opkyk na God in plaas van om rondom na jou probleme te kyk, kry jy ‘n nuwe perspektief op jou situasie.
  • Vertrou vandag dat die Here wat die heelal in stand hou, ook jou klein en groot stryde kan hanteer.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U so groot en magtig is en dat U namens my veg. Help my om vandag op te kyk na U en te weet dat U vir my sal stry.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 Maart 2026

Dagstukkies April

24 Maart

Ek wens dat jy die volwassenheid sal aanleer om wanneer jy kwaad is, jou woorde te tel voordat jy praat. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Tel jou woorde, God sal voorsien.

Teks:“Ek het U baie lief, o Here. U maak my sterk. By die Here is ek veilig, want Hy beskerm my.” (Ps. 18:2 – Die Boodskap)

  • Jou wysheid, insig en leiding kom van God af.
  • Omdat jy weet Hy beskerm jou, hoef jy nie jouself met vlymskerp woorde te verdedig nie.
  • Mense wat met hul woorde opbou, bring geluk – maar woorde wat in woede gespreek word, kan iemand lewenslank seermaak.
  • Tel jou woorde voordat jy praat – vra jouself af: Is dit waar? Is dit nodig? Is dit vriendelik?
  • Beheer jou tong: Die Here God sal voorsien en jou reputasie beskerm – vertrou Hom met jou situasie.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my sterk maak en beskerm. Help my om my woorde vandag te tel en nie in woede te praat nie, maar U te vertrou om vir my te sorg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 Maart 2026

Dagstukkies April

23 Maart

Ek bid dat jy vandag God se geleenthede met albei jou hande sal aangryp. Ontvang God se Woord spesiaal vir jou.

Tema: Doen wat die Here van jou vra.

Teks:“Here, help my! Ek staan eerlik voor U, sonder vals motiewe. Ek smeek U: Gee tog baie vir my om! Ek is opreg as ek dit vra.” (Ps. 17:1 – Die Boodskap)

  • Die Here vra nie ‘n perfekte nie – Hy vra net dat jy eerlik en gewillig is om te doen wat Hy sê.
  • Wanneer jy eerlik en opreg voor God staan, sonder verborge agendas, skep jy ruimte vir Sy leiding.
  • Die geleenthede wat God op jou pad plaas, kom meestal uit alledaagse omstandighede uit – wees bedag daarop.
  • Gryp vandag die geleentheid wat God vir jou gee met beide hande aan.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my hoor wanneer ek eerlik en opreg na U toe kom. Help my om vandag te doen wat U van my vra en die geleenthede wat U gee, met ywer aan te gryp.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 Maart 2026

Dagstukkies April

22 Maart

Mag jy vrede beleef en weet dat God altyd saam met jou is. Hier is die Woord van die Here.

Tema: Die Here sal altyd sorg.

Teks: “U sal my help om reg te lewe. Daar is niks wat iemand groter blydskap kan gee as om saam met U te wees nie. U gee altyd vir U kinders die heel beste. Hulle kry die heel mooiste wat die lewe aanbied by U.” (Ps. 16:11 – Die Boodskap)

  • Die vrede wat God gee, is anders as wat die wêreld gee – dit is dieper, vaster en bly selfs in storms staan.
  • God gee die heel beste wat die lewe het om te bied – Hy sorg selfs in moeilike tye.
  • Die beste plek is om saam met God te wees – soek Sy teenwoordigheid elke dag – nie net in krisisse nie.
  • God se sorg oor jou lewe is vas en seker – wees seker daarvan.
  • Hy vergeet en verlaat jou nooit nie.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd vir my sorg en my die heel beste gee. Help my om vandag in U vrede te rus en te weet dat U saam met my is.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Diensbaar

“Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.”

Spr. 9: 1083

Wat verstaan ons onder diensbaar?

Diensbaar is om gewillig, hulpvaardig en nuttig te wees in die diens van ander. Dit gaan dikwels gepaard met ‘n gesindheid van nederigheid en liefde. Dit beteken om ‘n direkte besluit te neem, om gawes wat jy van God ontvang het, te gebruik om God en medemens te dien. Selfs of juis sonder om erkenning te soek. Dis werklik ‘n moeilike keuse om te maak vir baie van ons. Ons wil almal so graag erkenning hê vir wat ons doen, of dit nou diensbaarheid of enige ander aktiwiteit is waar ons voel dat ons iets beteken.

Moeder Teresa, die rolmodel van diensbaarheid, het dit so goed beskryf: ‘God roep jou nie om ‘n sensasie te word nie, Hy roep jou om ‘n dienskneg te wees.’ Ook die aanhaling van Martin Luther verwoord die konsep van om diensbaar te wees, baie goed. ‘’n Christen is absoluut vry: meester van almal; onderdanig aan niemand. ‘n Christen is ook absoluut gebonde: dienskneg van God en diensbaar aan almal.’

Dit is ‘n opdrag wat ons soms in ons spore laat vassteek. Sal ek dit kan doen? Sal ek iemand anders se behoeftes voor my eie kan stel? God verwag dit egter van ons, en het Sy Seun, Jesus Christus gestuur om die uiterste diensbaarheid vir ons te kom demonstreer.

Teksverse:

“Wie opreg lewe, dien die Here; wie krom paaie loop, het nie eerbied vir die Here nie.” (Spr. 14: 283);

“Wie die Here dien, het daarin ‘n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling. Wie die Here dien, vind daarin ‘n bron van lewe; en dit laat jou die strikke van die dood ontkom.” (Spr. 14: 26-2783);

Gesindheid

Om diensbaar te wees, moet ons die regte gesindheid kweek. Daar is ‘n anonime aanhaling wat goed verduidelik hoe ons die regte gesindheid kan kry. ‘Die sleutel tot ‘n goeie gesindheid is om God toe te laat om ons gedagtewêreld te beheer, eerder as om ons eie sondige natuur beheer daaroor te gee.’ Ons moet onsself dissiplineer om almeer soos Jesus Christus te word.

Die keuse vir die regte gesindheid, is iets wat ek as mens, elke dag moet kies. Elke uur, elke dag, tussen die dinge wat ek kán doen, wat ek wil doen, en wat ek móét doen. Dis wanneer mens aktief besluit het om jou gesindheid te verander, dat God ons bystaan deur die Heilige Gees. Dan sal ons hierdie gesindheid suksesvol in ons lewens kan kweek.

Dan sal ons al hoe meer soos Jesus Christus kan wees. Dit sal ons help om gewillig, nederig en met liefde, mekaar te dien, sodat die Koninkryk van God uitgebou kan word.

Teksverse:

“Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees: Hoewel Hy in die gestalte van God was, het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie, maar Hy het homself daarvan leeggemaak, deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.” (Fil. 2: 5-720)

“Hoewel ek vry is en van niemand afhanklik nie, het ek my aan almal diensbaar gestel om soveel as moontlik vir Christus te wen.” (1 Kor. 9: 1983);

“Maar, noudat julle van die sonde vrygemaak is en diensbaar aan God geword het, lewer julle die vrug van heiligmaking, en die uiteinde hiervan is die ewige lewe.” (Rom. 6: 2220);

“Maar aangesien ons gesterf het, is ons nou vrygestel van die wet waarin ons vasgevang was, sodat ons diensbaar kan wees in die nuwe bedeling van die Gees, en nie in die ou bedeling van die letter van die wet nie.” (Rom. 7: 620);

“Maar ek dissiplineer my liggaam en maak dit diensbaar, sodat ek nie, terwyl ek vir ander gepreek het, dalk self gediskwalifiseer word nie.” (1 Kor. 9: 2720)

Om God te dien

Die belangrikste is egter dat ons al hoe meer diensbaar aan God moet word. Net soos Jesus Christus diensbaar was om vir ons aan die Kruis te kom sterf. God se liefde vir ons is soms vir ons as mense onverstaanbaar, omdat ons so moeilik ander aanvaar en liefhet net soos hulle is. Ons moet egter ons gesindheid verander om meer en meer soos Jesus Christus te word.

Dis eers wanneer ons gesindheid reg is, dat ons volkome aan God en ons medemens diensbaar kan wees. Ons kan ons gesindheid vir ander mense verberg, maar God ken ons harte. Hy is alomteenwoordig en alomsienend. Ons kan nie ons gesindheid vir Hom wegsteek nie.

Om nederig te wees is noodsaaklik om diensbaar te wees. Ons moet gedurig waak, en ook hierin die voorbeeld van Jesus Christus volg. Ons gesindheid, waarmee ons dinge doen, is nie verborge vir God nie. Waak teen geestelike hoogmoed, want dit kan ‘n diensbare mens tot ‘n val bring.

Laat ons uitgaan en diensbaar wees. Allereers diensbaar aan God. In alles wat Hy van ons vra. Daarna sal ons, as gevolg van die verlossende genade van die kruisdood van Christus, en onder leiding van die Heiige Gees, met die regte gesindheid diensbaar kan wees vir ons medemens. Daar waar God ons heen lei.

Teksverse:

“Maar, U, Here, U ken my; U sien my en toets of my hart by U is.” (Jer. 12: 320);

“Maar Jesus het hulle nader geroep en gesê: “Julle weet dat die heersers van die nasies oor hulle baasspeel, en die maghebbers oor hulle gesag uitoefen. So mag dit nie by julle wees nie; maar wie belangrik onder julle wil wees, moet julle dienaar wees, en wie eerste onder julle wil wees, moet julle slaaf wees. Net so het die Seun van die Mens nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe as losprys vir baie te gee.” (Matt. 20: 25-2820);

“Maar laat die belangrikste onder julle wees soos die geringste, en die een wat leiding gee, soos iemand wat dien. Want wie is belangriker, die een wat aan tafel aanleun, of die een wat bedien? Is dit nie die een aan die tafel nie? Ek, egter, is tussen julle soos iemand wat dien.” (Luk. 22: 26-2720);

“As iemand My wil dien, laat hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienskneg ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.” (Joh. 12: 2620)

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Maart 2026

Dagstukkies April

21 Maart

My gebed is dat jy moeite sal doen om gesonde verhoudings met alle mense te bou. Hier is God se Woord spesiaal net vir jou.

Tema: Hou jou verhoudings gesond.

Teks: “U het die mooiste dinge in die lewe vir my gegee. Ek kan nie uitgepraat raak oor al U wonderlike dinge nie. Dit maak my baie gelukkig.” (Ps. 16:6 – Die Boodskap)

  • ‘n Christusgelowige word geroep om gesonde en positiewe verhoudings te bou – dit is ‘n deel van God se wonderlike plan vir jou lewe.
  • Die mooiste dinge in die lewe sluit gesonde verhoudings in – koester dit en sorg daarvoor.
  • ‘n Verhouding wat seer is, moet gesond word – wees bereid om die eerste stap te neem.
  • Belê vandag bewustelik in jou verhoudings met jou gesin, vriende en kollegas – dit is ‘n belegging vir die ewigheid.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie vir die mooi verhoudings wat U in my lewe geplaas het. Help my om hierdie verhoudings met liefde en respek gesond te hou en te koester.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 Maart 2026

Dagstukkies April

20 Maart

My gebed is dat jy vandag in afhanklikheid teenoor God wat die onmoontlike moontlik maak, sal leef. Hier is God se Woord.

Tema: Die Here sal vir jou sorg.

Teks:“Alles wat die Here vir my gedoen het, maak my vol vreugde. Hy is die grootste geskenk wat ek nog ooit gekry het. U sorg vir my, Here.”(Ps. 16:5 – Die Boodskap)

  • God is die grootste geskenk – al die ander goeie dinge kom van Hom af.
  • Wanneer deure toemaak en dit lyk asof daar geen uitweg is nie, maak die Here die Almagtige, ‘n nuwe pad oop – Hy sal dit weer-en-weer-en-weer doen.
  • Afhanklikheid van God is nie swakheid nie – dit is die wysste keuse wat jy ooit kan maak.
  • Vier vandag die goeie dinge wat God in jou lewe gedoen het – wees vol van dankbaarheid.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my grootste geskenk is en dat U altyd vir my sorg. Help my om in volle afhanklikheid van U te leef en te weet dat U nooit sal tekortskiet nie.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Maart 2026

Dagstukkies April

19 Maart

Ek bid dat jou lewe ‘n getuigskrif vir almal sal wees wat sien dat jy altyd net jou beste gee. Hier is Sy boodskap spesiaal vir jou.

Tema: Gee jou beste.

Teks: “Beskerm my, o God, want ek leef uit U hand. U pas my op.” (Ps. 16:1 – Die Boodskap)

  • As jy onder God se beskerming leef, is jy vry om jou volle potensiaal te bereik.
  • Glo dan, moenie bang wees nie.
  • Gaan leer van diegene wat voor jou geleef het en altyd hul beste gegee het – hulle nalatenskap inspireer.
  • Jou beste is genoeg – Die Here God vra nie die onmoontlike nie, Hy sal die onmoontlike vir jou doen.
  • Wees vandag teenwoordig, toegewyd en voluit in alles wat jy doen – dit is hoe jy God deur jou werk verheerlik.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en oppas. Help my om vandag my absolute beste te gee in alles wat ek aanpak, tot U eer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 Maart 2026

Dagstukkies April

18 Maart

Ek hoop en bid dat jy heeltemal tevrede met die dinge wat God vir jou gee, sal wees. Hier is die Here se boodskap vir jou.

Tema: Die gevaar van jaloesie.

Teks: “Here, wie is werd om by U te mag wees? Wie mag in U huis instap, daar waar U spesiaal teenwoordig is?” (Ps. 15:1 – Die Boodskap)

  • Jaloesie is soos ‘n giftige wortel wat jou lewe vernietig – dit steel jou vreugde en vrede.
  • Jaloesie fokus op wat ander het; dankbaarheid fokus op wat God jou gegee het.
  • Kies vandag dankbaarheid.
  • Kyk en toets jouself: Beskadig jaloesie jou verhouding met God en met mense?

Gebed

Liewe Vader, baie dankie vir alles wat U vir my gegee het. Help my om jaloesie te laat vaar en tevrede te wees met die goeie dinge wat U in my lewe geplaas het.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Maart 2026

Dagstukkies April

17 Maart

Verwag die wonderwerke van God, sien dit raak. Ek bid dat jy dit selfs sal beleef. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Die Here gee altyd uitkoms.

Teks:“Dit is net ‘n baie dom mens wat dink God is nie daar nie… Ek bid dat die Here Sy kinders sal help. Dit sal hulle bly maak as Hy hulle gee wat hulle nodig het.” (Ps. 14:1, 7 – Die Boodskap)

  • Die Here God kyk nooit weg wanneer jy sukkel nie – Hy sien jou nood en Hy gee uitkoms.
  • ‘n Lewe sonder God is soos ‘n pad in die donker sonder ‘n lig – dit eindig in ‘n doolhof van verwarring.
  • God se uitkoms kom nie altyd op die tyd of manier wat jy wil hê nie, maar dit kom – wag op Hom.
  • Verwag ‘n wonderwerk in jou situasie – God is ‘n God van moontlikhede.
  • Sy arm is nie te kort om jou te help nie.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd uitkoms gee. Help my om U wonderwerke in my lewe raak te sien en te verwag dat U vir my uitkoms sal gee.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Maart 2026

Dagstukkies April

16 Maart

My gebed is dat jy sal verstaan dat alles wat met jou gebeur, so gebeur dat Hy daarvan kennis dra. Ek gee graag hierdie boodskap van God vir jou.

Tema: Hy dra kennis van alles.

Teks:“Hoe lank gaan U my nog alleen los, Here? Gaan U my aanmekaar vergeet?… Maar ek weet! Op U liefde kan ek staatmaak. In my binneste borrel dit van vreugde omdat U my uit my moeilikheid help.” (Ps. 13:2, 6 – Die Boodskap)

  • Dit is God wat elke detail van jou lewe ken en omgee – niks gebeur buite Sy wete en sorg nie.
  • Al voel jy alleen, weet dat God se liefde vas en seker is – jy kan altyd op Hom staatmaak.
  • Selfs in die diepste moeilikheid kan jy vertroue hê – want God werk selfs wanneer jy dit nie sien nie.
  • Weet dat God kennis dra van elke situasie in jou lewe – Hy het dit nie gemis nie en Hy sal ingryp.
  • Leef met hoop!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U van alles in my lewe kennis dra. Help my om te onthou dat U my nooit vergeet nie en dat ek altyd op U liefde kan staatmaak.

In Jesus se Naam.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Die Koning wat gekom het om te dien: Die diep betekenis van Palmsondag

Palmsondag NG Kerk Groot-Brakrivier

Inleiding: Die poort na die Heilige Week

Soos ons die bladsye in ons “Seisoene in die Kerklike jaar“-reeks omslaan, kom ons by ‘n deurslaggewende oomblik aan—die Sondag wat dien as die groot poort na die heiligste week van die Christelike jaar. Palmsondag is ‘n dag van glorieryke paradokse, van triomfantlike lofprysing en ‘n somber profetiese kruisiging. Dit is die dag waarop ons die Koning van Konings sien ry, nie op ‘n oorlogsperd (Open 19) nie, maar op ‘n nederige donkie, verwelkom deur skares wat binne dae stil sou word.

Palmsondag

Vir ons vandag, is die begrip van Palmsondag noodsaaklik om die geheel van die Evangelie-narratief te verstaan. Dit is die begin van die einde van Jesus se aardse bediening, en die begin van ons verlossing.

Lees meer “Die Koning wat gekom het om te dien: Die diep betekenis van Palmsondag”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 15 Maart 2026

Dagstukkies April

15 Maart

Liewe Vriend

Ek bid dat jy tevrede met dit wat jy van God ontvang sal wees. Hier is die Woord van die Here vir jou.

Tema: Wees tevrede.

Teks: “Help my tog, Here, want selfs gelowiges het opgehou om by my te staan. Hulle wat U gedien het, het tussen neus en oë verdwyn.” (Ps. 12:2 – Die Boodskap)

  • Al voel dit soms of almal jou verlaat het, God is nog daar – Hy sal jou nooit alleen los nie.
  • Ontevredenheid begin dikwels wanneer ons kyk na wat ander het.
  • Ons sien soms nie die mooi en goeie dinge wat ons van die Here ontvang het, raak nie.
  • Om tevrede te wees is ‘n keuse – ‘n besluit.
  • Wees dankbaar vir wat jy het, nie bitter en ongelukkig oor wat jy nie het nie.
  • God is “genoeg” – as jy Hom het, het jy die belangrikste en kosbaarste besitting van almal.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd by my bly, ook wanneer andere my verlaat. Help my om tevrede te wees met alles wat U vir my gegee het.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Tevredenheid

1 Tim. 6: 6-820

“Wat wel ‘n groot wins is, is godvresendheid wat met tevredenheid gepaard gaan. Ons het immers niks in die wêreld ingebring nie, en ons kan niks daaruit wegneem nie; maar as ons kos en klere het, laat ons daarmee tevrede wees”

Tevredenheid

Tevredenheid is ‘n toestand van blydskap, vrede en aanvaarding. Dit is ‘n gevoel van vervuldheid, rustigheid en geluk. Dit is ‘n toestand wat ons so dikwels nie vind nie. Ons is so besig om te kyk hoe ander gelukkig lyk, dat ons dikwels nie daardie tevredenheid bereik nie. Ons is te besig om te wens dinge was anders. Tevredenheid is ook ‘n onlosmaaklike deel van dankbaarheid.

Ons kan net tevrede wees, as ons soos Joseph Addison dit so goed stel: ‘Die meeste waarop ons in hierdie lewe kan hoop, is om tevrede te wees met wat ons het.’, deel van ons lewens uitkyk maak. Die lewe van vandag poog gedurig om ons aandag af te lei met mooier, beter, en lekkerder dinge. Alles wat ons nie noodwendig nodig het om aanvaanbaar of gelukkig te wees nie. Dis interessant dat die internet woordeboek ook geluk as sinoniem van tevredenheid uitwys.

Prediker wys ook vir ons uit hoe sinloos die dinge, wat die mens najaag, is. Laat ons poog om tevrede te wees met wat ons het. Dit is so dikwels baie meer as wat ‘n ander het, wat wel in die ware sin van die woord, gebrek lei.

“Omdat sy maag nie tevredenheid ken nie, sal hy nie met sy kosbaarhede wegkom nie. Niks ontkom aan sy vraatsug nie; daarom sal hy nie met sy kosbaarhede wegkom nie.” (1 Pet. 3: 820);

“Ek het gekyk na alles wat gedoen word onder die son: Kyk, dit alles is sinloos, ‘n gejaag na wind. Wat krom is, kan nie reguit word nie; wat ontbreek, kan nie getel word nie.” (Pred. 1: 14-1520);

“Julle leefwyse moet vry wees van geldgierigheid. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê, “Ek sal sal jou beslis nie verlaat nie, en jou ook nie in die steek laat nie”…” (Heb. 13: 520)

Om God tevrede te stel

In die Woord van God leer ons dat om God tevrede te stel, baie belangrik is. Dit is wanneer ons in harmonie met die Here leef, en Sy tevredenheid vir ons belangrik is, dat ons volkome tevredenheid en geluk kan vind. Selfs om vrede met jou medemens te kry, moet God tevrede wees met jou lewenspaaie.

Wanneer ons in die hand van God is, en deur Hom goedgekeur is, sal ons ‘n tevredenheid bekom, wat selfs ons eie verstand te bowe gaan. Dan sal ons ook soos Paulus kan sê dat ons praat, nie om mense tevrede te stel nie, maar God alleen. Ons kan mense met mooi praaitjies om die bos lei, maar God ken ons harte. Daar is geen afstand tussen enigeen van ons en God nie.

Laat ons dan in tevredenheid leef, met wat ons het. Laat ons nie die glans en glorie van hierdie wêreld verwar met wat God tevrede stel nie. Ons kan dit nie bereik, sonder God wat ons krag gee nie. Om in nederigheid voor God, die Vader, en met die wete dat Jesus Christus ons verlos het, neer te buig. Dis dan dat die Heilige Gees ons bystaan om die tevredenheid te bereik wat alleen van God kan kom.

Teksverse:

“Wanneer die Here tevrede is met ‘n mens se lewenspaaie, laat Hy selfs sy vyande met hom vrede maak.” (Spr. 16: 720);

“Wie in hulle sondige aard bly, kan God nie tevrede stel nie.” (Rom. 8: 820);

“Danksy die Here stap ‘n jong man met ferm treë; en die Here is tevrede met sy lewenspad. As hy val, sal hy nie neerslaan nie want die Here hou hom aan sy hand.” (Ps. 37: 23-2420);

“Want ons pleidooi is nie uit dwaling, nie uit onsuiwerheid en nie met bedrog nie; maar, soos ons deur God goedgekeur is, sodat die evangelie aan ons toevertrou kon word, so praat ons ook nie om mense tevrede te stel nie, maar God, Hy wat ons harte toets.” (1 Thes. 2: 3-420);

“Ek is besonder bly dat julle nou uiteindelik opnuut aan my gedink het. Eintlik het julle wel aan my gedink, maar julle het net nie die geleentheid daarvoor gehad nie. Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om in alle omstandighede tevrede te wees. Ek weet wat dit is om min te hê, ek weet wat dit is om oorvloed te hê; ek is in elke opsig in al hierdie dinge ingewy: om versadig te wees, sowel as om honger te ly; om oorvloed te hê, sowel as om gebrek te ly. Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee.” (Fil. 4: 10-1320)

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 Maart 2026

Dagstukkies April

14 Maart

Liewe Vriend

Ek hoop dat jou oë vir God se liefde en genade in jou lewe sal oopgaan. Hier is Sy boodskap wat jy ernstig moet opneem.

Tema: Die Here voorsien ook wanneer jy swaar kry.

Teks: “Die Here beskerm my! … Die Here doen altyd die regte dinge… Almal wat opreg lewe, sal by die Here ‘n plek hê.” (Ps. 11:1, 7 – Die Boodskap)

  • God se beskerming en voorsiening geld ook – en veral – in die tye wanneer dit vir jou moeilik gaan.
  • Swaar tye is nie ‘n teken dat God jou vergeet het nie – dit is dikwels die tye wanneer Hy die naaste aan jou is.
  • Leef reg voor God, ook wanneer dit moeilik is – Hy sien dit raak en sal jou beloon.
  • Kyk terug op moeilike tye in jou lewe. Sien die enkelvoetspore van die Here toe Hy jou gedra het, raak.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en voorsien, ook wanneer ek dit nie verwag nie. Help my om U genade en liefde te sien, selfs in moeilike omstandighede.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 13 Maart 2026

Dagstukkies April

13 Maart

Liewe Vriend

My gebed is dat jy deur-en-deur eerlik en opreg sal wees. Hier is Sy Boodskap vir jou.

Tema: Die gevaar om oneerlik te wees.

Teks: “Here, waarom maak U asof U my nie ken nie? Dit voel asof U baie ver van my af is… Gryp in Here! God, wys dat U die sterkste isVriend” (Ps. 10:1, 12a – Die Boodskap)

  • Wanneer dit voel asof God ver is, is dit dikwels omdat julle verhouding wat vertroebel het – dalk het jy Hom afgeskeep?!
  • Jy moet Ja sê en Nee sê en dit bedoel – bedrog begin deur klein dingetjies, maar dit groei en vernietig jou geloofwaardigheid.
  • God sien alles wat verkeerd gedoen word, maar Hy vergewe en herstel jou wanneer jy berou het.
  • Wees vandag eerlik in elke gesprek en elke transaksie – jou integriteit is jou grootste bate.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U die God van waarheid is. Help my om vandag deur-en-deur eerlik in alles wat ek sê en doen, te wees.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 12 Maart 2026

Dagstukkies April

12 Maart

Liewe Vriend

Ek bid dat jy regverdig teenoor ander mense sal optree. Hier is die Woord van die Here vir vandag.

Tema: Tree reg en billik op.

Teks: “Met alles binne-in my wil ek die Here prys! Ek wil praat oor die wonderlike dinge wat U gedoen het.” (Ps. 9:1 – Die Boodskap)

  • ‘n Lewe van dankbaarheid en lof aan God lei tot regverdige optrede teenoor alle mense.
  • Iemand moet die eerste stap neem om reg en regverdig op te tree – neem die eerste stap daartoe.
  • God is goed teenoor jou. Wees daarom ook goed en billik teenoor almal – die rykes, die armes, die mooies, die lelikes, ja, jou vriende en vyande.
  • Toets jou optrede teenoor die mense in jou lewe – is jy regtig regverdig, eerlik en billik?

Gebed

Liewe Vader, baie dankie vir al die wonderlike dinge wat U in my lewe gedoen het. Help my om vandag reg en billik teenoor elke persoon op te tree.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 11 Maart 2026

Dagstukkies April

11 Maart

Liewe Vriend

My gebed is dat dit vandag met jou goed sal gaan en dat jy goeie gesondheid beleef. Hier is die Boodskap van die Here vir vandag.

Tema: Help iemand anders.

Teks: “Here, God, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is.” (Ps. 8:2 – Die Boodskap)

  • Ons Almagtige, Alwyse en Groot God plaas ons in mekaar se lewens.
  • In hierdie groot wêreld is daar mense wat jou hulp nodig het – sien hulle raak.
  • So sal ons mekaar ondersteun en opbou.
  • Dikwels vind jy rustigheid wanneer jy ander help – jy kry perspektief wanneer jy na ander uitreik.
  • Doen iets konkreets vir iemand anders – ‘n vriendelike woord, ‘n praktiese daad van liefde, of net ‘n gebed.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U so ‘n groot en goeie God is. Help my om vandag my oë oop te hou vir iemand wat my hulp nodig het.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.