Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Maart 2026

19 Maart

Ek bid dat jou lewe ‘n getuigskrif vir almal sal wees wat sien dat jy altyd net jou beste gee. Hier is Sy boodskap spesiaal vir jou.

Tema: Gee jou beste.

Teks: “Beskerm my, o God, want ek leef uit U hand. U pas my op.” (Ps. 16:1 – Die Boodskap)

  • As jy onder God se beskerming leef, is jy vry om jou volle potensiaal te bereik.
  • Glo dan, moenie bang wees nie.
  • Gaan leer van diegene wat voor jou geleef het en altyd hul beste gegee het – hulle nalatenskap inspireer.
  • Jou beste is genoeg – Die Here God vra nie die onmoontlike nie, Hy sal die onmoontlike vir jou doen.
  • Wees vandag teenwoordig, toegewyd en voluit in alles wat jy doen – dit is hoe jy God deur jou werk verheerlik.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en oppas. Help my om vandag my absolute beste te gee in alles wat ek aanpak, tot U eer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.