12 Maart
Liewe Vriend
Ek bid dat jy regverdig teenoor ander mense sal optree. Hier is die Woord van die Here vir vandag.
Tema: Tree reg en billik op.
Teks: “Met alles binne-in my wil ek die Here prys! Ek wil praat oor die wonderlike dinge wat U gedoen het.” (Ps. 9:1 – Die Boodskap)
- ‘n Lewe van dankbaarheid en lof aan God lei tot regverdige optrede teenoor alle mense.
- Iemand moet die eerste stap neem om reg en regverdig op te tree – neem die eerste stap daartoe.
- God is goed teenoor jou. Wees daarom ook goed en billik teenoor almal – die rykes, die armes, die mooies, die lelikes, ja, jou vriende en vyande.
- Toets jou optrede teenoor die mense in jou lewe – is jy regtig regverdig, eerlik en billik?
Gebed
Liewe Vader, baie dankie vir al die wonderlike dinge wat U in my lewe gedoen het. Help my om vandag reg en billik teenoor elke persoon op te tree.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


