Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 Maart 2026

18 Maart

Ek hoop en bid dat jy heeltemal tevrede met die dinge wat God vir jou gee, sal wees. Hier is die Here se boodskap vir jou.

Tema: Die gevaar van jaloesie.

Teks: “Here, wie is werd om by U te mag wees? Wie mag in U huis instap, daar waar U spesiaal teenwoordig is?” (Ps. 15:1 – Die Boodskap)

  • Jaloesie is soos ‘n giftige wortel wat jou lewe vernietig – dit steel jou vreugde en vrede.
  • Jaloesie fokus op wat ander het; dankbaarheid fokus op wat God jou gegee het.
  • Kies vandag dankbaarheid.
  • Kyk en toets jouself: Beskadig jaloesie jou verhouding met God en met mense?

Gebed

Liewe Vader, baie dankie vir alles wat U vir my gegee het. Help my om jaloesie te laat vaar en tevrede te wees met die goeie dinge wat U in my lewe geplaas het.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.