16 Maart
My gebed is dat jy sal verstaan dat alles wat met jou gebeur, so gebeur dat Hy daarvan kennis dra. Ek gee graag hierdie boodskap van God vir jou.
Tema: Hy dra kennis van alles.
Teks:“Hoe lank gaan U my nog alleen los, Here? Gaan U my aanmekaar vergeet?… Maar ek weet! Op U liefde kan ek staatmaak. In my binneste borrel dit van vreugde omdat U my uit my moeilikheid help.” (Ps. 13:2, 6 – Die Boodskap)
- Dit is God wat elke detail van jou lewe ken en omgee – niks gebeur buite Sy wete en sorg nie.
- Al voel jy alleen, weet dat God se liefde vas en seker is – jy kan altyd op Hom staatmaak.
- Selfs in die diepste moeilikheid kan jy vertroue hê – want God werk selfs wanneer jy dit nie sien nie.
- Weet dat God kennis dra van elke situasie in jou lewe – Hy het dit nie gemis nie en Hy sal ingryp.
- Leef met hoop!
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U van alles in my lewe kennis dra. Help my om te onthou dat U my nooit vergeet nie en dat ek altyd op U liefde kan staatmaak.
In Jesus se Naam.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


