Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 Maart 2026

14 Maart

Liewe Vriend

Ek hoop dat jou oë vir God se liefde en genade in jou lewe sal oopgaan. Hier is Sy boodskap wat jy ernstig moet opneem.

Tema: Die Here voorsien ook wanneer jy swaar kry.

Teks: “Die Here beskerm my! … Die Here doen altyd die regte dinge… Almal wat opreg lewe, sal by die Here ‘n plek hê.” (Ps. 11:1, 7 – Die Boodskap)

  • God se beskerming en voorsiening geld ook – en veral – in die tye wanneer dit vir jou moeilik gaan.
  • Swaar tye is nie ‘n teken dat God jou vergeet het nie – dit is dikwels die tye wanneer Hy die naaste aan jou is.
  • Leef reg voor God, ook wanneer dit moeilik is – Hy sien dit raak en sal jou beloon.
  • Kyk terug op moeilike tye in jou lewe. Sien die enkelvoetspore van die Here toe Hy jou gedra het, raak.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en voorsien, ook wanneer ek dit nie verwag nie. Help my om U genade en liefde te sien, selfs in moeilike omstandighede.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.