23 Maart
Ek bid dat jy vandag God se geleenthede met albei jou hande sal aangryp. Ontvang God se Woord spesiaal vir jou.
Tema: Doen wat die Here van jou vra.
Teks:“Here, help my! Ek staan eerlik voor U, sonder vals motiewe. Ek smeek U: Gee tog baie vir my om! Ek is opreg as ek dit vra.” (Ps. 17:1 – Die Boodskap)
- Die Here vra nie ‘n perfekte nie – Hy vra net dat jy eerlik en gewillig is om te doen wat Hy sê.
- Wanneer jy eerlik en opreg voor God staan, sonder verborge agendas, skep jy ruimte vir Sy leiding.
- Die geleenthede wat God op jou pad plaas, kom meestal uit alledaagse omstandighede uit – wees bedag daarop.
- Gryp vandag die geleentheid wat God vir jou gee met beide hande aan.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my hoor wanneer ek eerlik en opreg na U toe kom. Help my om vandag te doen wat U van my vra en die geleenthede wat U gee, met ywer aan te gryp.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


