Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 15 Maart 2026

15 Maart

Liewe Vriend

Ek bid dat jy tevrede met dit wat jy van God ontvang sal wees. Hier is die Woord van die Here vir jou.

Tema: Wees tevrede.

Teks: “Help my tog, Here, want selfs gelowiges het opgehou om by my te staan. Hulle wat U gedien het, het tussen neus en oë verdwyn.” (Ps. 12:2 – Die Boodskap)

  • Al voel dit soms of almal jou verlaat het, God is nog daar – Hy sal jou nooit alleen los nie.
  • Ontevredenheid begin dikwels wanneer ons kyk na wat ander het.
  • Ons sien soms nie die mooi en goeie dinge wat ons van die Here ontvang het, raak nie.
  • Om tevrede te wees is ‘n keuse – ‘n besluit.
  • Wees dankbaar vir wat jy het, nie bitter en ongelukkig oor wat jy nie het nie.
  • God is “genoeg” – as jy Hom het, het jy die belangrikste en kosbaarste besitting van almal.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd by my bly, ook wanneer andere my verlaat. Help my om tevrede te wees met alles wat U vir my gegee het.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.