17 Maart
Verwag die wonderwerke van God, sien dit raak. Ek bid dat jy dit selfs sal beleef. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.
Tema: Die Here gee altyd uitkoms.
Teks:“Dit is net ‘n baie dom mens wat dink God is nie daar nie… Ek bid dat die Here Sy kinders sal help. Dit sal hulle bly maak as Hy hulle gee wat hulle nodig het.” (Ps. 14:1, 7 – Die Boodskap)
- Die Here God kyk nooit weg wanneer jy sukkel nie – Hy sien jou nood en Hy gee uitkoms.
- ‘n Lewe sonder God is soos ‘n pad in die donker sonder ‘n lig – dit eindig in ‘n doolhof van verwarring.
- God se uitkoms kom nie altyd op die tyd of manier wat jy wil hê nie, maar dit kom – wag op Hom.
- Verwag ‘n wonderwerk in jou situasie – God is ‘n God van moontlikhede.
- Sy arm is nie te kort om jou te help nie.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U altyd uitkoms gee. Help my om U wonderwerke in my lewe raak te sien en te verwag dat U vir my uitkoms sal gee.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


