13 Maart
Liewe Vriend
My gebed is dat jy deur-en-deur eerlik en opreg sal wees. Hier is Sy Boodskap vir jou.
Tema: Die gevaar om oneerlik te wees.
Teks: “Here, waarom maak U asof U my nie ken nie? Dit voel asof U baie ver van my af is… Gryp in Here! God, wys dat U die sterkste isVriend” (Ps. 10:1, 12a – Die Boodskap)
- Wanneer dit voel asof God ver is, is dit dikwels omdat julle verhouding wat vertroebel het – dalk het jy Hom afgeskeep?!
- Jy moet Ja sê en Nee sê en dit bedoel – bedrog begin deur klein dingetjies, maar dit groei en vernietig jou geloofwaardigheid.
- God sien alles wat verkeerd gedoen word, maar Hy vergewe en herstel jou wanneer jy berou het.
- Wees vandag eerlik in elke gesprek en elke transaksie – jou integriteit is jou grootste bate.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U die God van waarheid is. Help my om vandag deur-en-deur eerlik in alles wat ek sê en doen, te wees.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


