Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 Maart 2026

26 Maart

Ek hoop en bid dat jy die vrymoedigheid het om jou vrese aan God bekend te maak. Hier is ‘n Woord van God vir jou.

Tema: Soek net hulp by die Here.

Teks: “Ongelukkig sien ‘n mens nie altyd die dinge raak wat jy verkeerd doen nie. Here, vergewe al my foute waarvan ek nie bewus is nie.” (Ps. 19:13 – Die Boodskap)

  • God is nie ‘n harde regter wat wag om jou te veroordeel nie – Hy is ‘n liefdevolle Vader wat wag om te help.
  • Selfs wanneer jy nie weet wat jy verkeerd gedoen het nie, kan jy met vrymoedigheid na Hom toe gaan.
  • Soms weet ons nie eens wat ons foute is nie – vra God om jou geloofsoë oop te maak sodat jy geestelik kan groei.
  • Soek vandag eers hulp by die Here voordat jy ander vra om te help – Hy ken jou situasie deur-en-deur.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my foute vergewe, selfs die wat ek nie eers raaksien nie. Help my om altyd eers by U hulp te soek en U stem bo alles te hoor. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.