27 Maart
My gebed vir jou is dat jy jou geluk by die Here God sal soek. Hier is ‘n spesiale boodskap uit die Bybel vir jou.
Tema: Soek jou geluk by die Here.
Teks:“Keer my as ek van plan is om verkeerde dinge te doen. Moenie dat slegte dinge oor my lewe baasspeel nie. As U my help, sal ek sonder foute wees. Dan sal U my nie straf nie.” (Ps. 19:14 – Die Boodskap)
- Jou ware geluk kom nie van mense, geld of omstandighede nie – dit kom alleen van God af.
- Slegte dinge en verkeerde patrone kan jou lewe oorneem.
- Maak seker jy word elke oomblik van elke dag deur God gelei.
- Geluk is nie die afwesigheid van probleme nie – dit is die teenwoordigheid van God in jou probleme.
- Soek vandag jou geluk by die Here – as jy Hom eerste stel, sal Hy jou gee wat jou hart begeer (Ps. 37:4).
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my ware geluk is. Help my om nie slegte patrone en gedagtes oor my lewe te laat baasspeel nie, maar U altyd eerste te soek.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


