20 Maart
My gebed is dat jy vandag in afhanklikheid teenoor God wat die onmoontlike moontlik maak, sal leef. Hier is God se Woord.
Tema: Die Here sal vir jou sorg.
Teks:“Alles wat die Here vir my gedoen het, maak my vol vreugde. Hy is die grootste geskenk wat ek nog ooit gekry het. U sorg vir my, Here.”(Ps. 16:5 – Die Boodskap)
- God is die grootste geskenk – al die ander goeie dinge kom van Hom af.
- Wanneer deure toemaak en dit lyk asof daar geen uitweg is nie, maak die Here die Almagtige, ‘n nuwe pad oop – Hy sal dit weer-en-weer-en-weer doen.
- Afhanklikheid van God is nie swakheid nie – dit is die wysste keuse wat jy ooit kan maak.
- Vier vandag die goeie dinge wat God in jou lewe gedoen het – wees vol van dankbaarheid.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my grootste geskenk is en dat U altyd vir my sorg. Help my om in volle afhanklikheid van U te leef en te weet dat U nooit sal tekortskiet nie.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


