25 Maart
Mag jy vandag bewus wees van die ondersteunende krag van die Here. Hier is Sy boodskap vir jou.
Tema: Die Here veg vir jou.
Teks:“As jy opkyk na die hemel, sien jy hoe die ruimtes daar bo God se grootheid uitstraal… In die blou hemelruim sien jy hoe mooi God se handewerk alles rondom ons versier.”(Ps. 19:2 – Die Boodskap)
- Die skepping vertel elke dag van God se mag en grootheid – dieselfde mag wat die son laat skyn, veg vir jou.
- In die grootste probleme is die Here nader as wat jy dink – en Hy veg vir jou.
- As jy opkyk na God in plaas van om rondom na jou probleme te kyk, kry jy ‘n nuwe perspektief op jou situasie.
- Vertrou vandag dat die Here wat die heelal in stand hou, ook jou klein en groot stryde kan hanteer.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U so groot en magtig is en dat U namens my veg. Help my om vandag op te kyk na U en te weet dat U vir my sal stry.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


