11 Maart
Liewe Vriend
My gebed is dat dit vandag met jou goed sal gaan en dat jy goeie gesondheid beleef. Hier is die Boodskap van die Here vir vandag.
Tema: Help iemand anders.
Teks: “Here, God, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is.” (Ps. 8:2 – Die Boodskap)
- Ons Almagtige, Alwyse en Groot God plaas ons in mekaar se lewens.
- In hierdie groot wêreld is daar mense wat jou hulp nodig het – sien hulle raak.
- So sal ons mekaar ondersteun en opbou.
- Dikwels vind jy rustigheid wanneer jy ander help – jy kry perspektief wanneer jy na ander uitreik.
- Doen iets konkreets vir iemand anders – ‘n vriendelike woord, ‘n praktiese daad van liefde, of net ‘n gebed.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U so ‘n groot en goeie God is. Help my om vandag my oë oop te hou vir iemand wat my hulp nodig het.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


