Skep asem vir vandag: 15 November 2025

Dagstukkies April

15 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet daar wag nog beter dinge vir jou in die toekoms. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Daar wag beter dinge vir jou

Teks: “Daarom sal jy die land net op ‘n afstand sien, die land wat Ek vir jou volk gaan gee(Deut. 32:52 – Die Boodskap)

  • Al het Moses nie die Beloofde Land ingegaan nie, het hy wel gesien wat die vrugte van sy werk was.
  • Soms kry jy nie wat jy verwag nie, maar die Here sal vir jou steeds goeie dinge gee. Dit is beter as jou eie drome.
  • Wanneer jy sien wat die Here vir jou gee, gryp dit aan en woeker daarmee – maak dit meer en beter.
  • Leef met verwagting dat God se beste nog vir jou voorlê, selfs al lyk dit nou nie so nie.
  • Hy doen die onmoontlike. Wat vir mense onmoontlik is, is by God moontlik!

Gebed

Liewe Vader, wys vir my watter seëninge op my wag.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 November 2025

Dagstukkies April

14 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal besef al die goeie dinge in jou lewe kom van die Here af. God het hierdie goeie nuus vandag vir jou.

Tema: Jy sal mooi dinge ontvang

Teks:“Dis die Here wat vir Sy volk hierdie mooi land gegee het… Die Here het dit vir hulle gegee” (Deut. 32:13, 14 – Die Boodskap)

  • Dit was nie Israel wat self die mooi land verkry het nie – dis die Here wat alles gegee het.
  • Jy kan niks self regkry nie, die Here God gee mooi en goeie dinge. Jy kry dit nie self nie.
  • Gryp elke goeie geleentheid wat die Here gee. Benut dit ten volle.
  • Erken vandag dat jou volle geluk ‘n geskenk van die Hom is.

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir die mooi dinge wat U aan my gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 13 November 2025

Dagstukkies April

13 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet jy is die Here se oogappel en Hy vertroetel jou. Hier is God se Woord.

Tema: Jy is die Here se oogappel

Teks:“Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog” (Deut. 32:10)

  • Hoewel dit vir Israel gevoel het asof hulle alleen is, het die Here hulle vertroetel soos Sy oogappel.
  • Wanneer jy stoksiel alleen en in ‘n donker put voel, onthou dan, dit is nie die werklikheid nie.
  • Die waarheid is: Jy is die Here se oogappel! Hy sal jou vertroetel en omhels.
  • Al jou probleme sal verdamp soos vog met sonsopkoms.
  • Leef vandag met die sekerheid dat jy kosbaar en geliefd in God se oë is.

Gebed

Liewe Vader, laat ek glo dat ek U oogappel is.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 12 November 2025

Dagstukkies April

12 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal leer om volkome op die Here te vertrou vir alle uitkomste. Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema: Die Here gee aan jou die uitkoms

Teks:“Julle kan maar op Hom vertrou” (Deut. 32:4e – Die Boodskap)

  • Wanneer jy angstig raak, maak jy jou eie planne. Dit is egter God wat werklike uitkomste gee.
  • Glo en vertrou dat Hy alleen jou op jou lewenspad kan help – niemand anders nie.
  • Stap hierdie pad agter Hom aan, al vra dit praktiese geloof en praktiese vertroue.
  • Laat Hom die uitkomste bepaal terwyl jy gehoorsaam volg.
  • Jy sal verwonderd wees oor die wonders wat Hy in jou liewe waar maak.

Gebed

Liewe Vader, gee my vertroue in U.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 November 2025

Dagstukkies April

11 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal raaksien hoe goed die Here altyd vir jou is. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here is goed vir jou

Teks:“Alles wat Hy doen is goed en reg. … Hy doen net goed aan ons” (Deut. 32:4d – Die Boodskap)

  • Die Here behandel jou nie sleg nie – Hy behandel jou net goed en mooi.
  • Selfs in jou moeilike tye is dit Hy wat jou bystaan – so kan jy dit oorwin.
  • Hou jou oë oop vir die oorwinnings wat die Here oor jou pad bring.
  • Erken vandag sy hulp .

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U net goed vir my is.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 10 November 2025

Dagstukkies April

10 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal besef die Here sal jou nooit verkeerd behandel nie. Hier is God se Woord vir jou.

Tema: Die Here benadeel jou nooit nie

Teks:“Hy staan by ons, en Hy doen nooit iets verkeerd teenoor ons nie” (Deut. 32:4c – Die Boodskap)

  • Die Here kom jou nooit te na nie, maak jou nooit seer nie en tree nooit verkeerd teenoor jou op nie.
  • Jou probleme is dikwels weens die wêreld se gebrokenheid, nie God se skuld nie.
  • Wees vandag bly, want jy dien die Here wat net die beste vir jou wil gee.
  • Vertrou en weet dat Hy vandag en in die toekoms slegs goeie dinge vir jou beplan.

Gebed

Liewe Vader, laat ek die goeie dinge wat U in my lewe doen, raaksien.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 November 2025

Dagstukkies April

9 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here hanteer jou regverdig en sonder diskriminasie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here diskrimineer nie teenoor jou nie

Teks:“Hy tree altyd reg en goed teenoor almal op” (Deut. 32:4b – Die Boodskap)

  • Anders as mense, hanteer die Here alle mense dieselfde – Hy diskrimineer nie.
  • Die Here hanteer jou dieselfde as wat Hy belangrike mense hanteer – dit is jou troos.
  • Doen vandag dieselfde as Hy – hanteer alle mense dieselfde, ongeag hulle status.
  • Wees ‘n instrument van God se regverdigheid deur alle mense met respek te behandel.
  • Hanteer ander mense met menswaardigheid, en hulle sal jou versorg.

Gebed

Liewe Vader, help my om alle mense dieselfde te hanteer.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 November 2025

Dagstukkies April

8 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet jy is veilig by die Here omdat Hy jou onwrikbare fondament is. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Jy is veilig by die Here

Teks: “Hy is die Rots waarop ons ons lewe bou, en ons is veilig omdat ons by Hom is” (Deut. 32:4a – Die Boodskap)

  • Die Here is onveranderlik, permanent, betroubaar en veilig – anders as aardse goed.
  • Jou sekuriteit is nie werklik in die beveiliging van jou huis, jou werk, finansies, jou eiendom of kontrakte nie – dit alles is wisselvallig.
  • Ware veiligheid lê by die Here – soek eers beskerming en hulp by Hom.
  • Bou jou lewe vandag op die Rots wat nooit skuif nie – dan sal jy veilig en rustig leef.

Gebed

Liewe Vader, laat ek in U as die Rots van my lewe glo.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 November 2025

Dagstukkies April

7 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om eerder aan ander mense te dink as net aan jouself. Hier is God se Boodskap.

Tema: Dink aan ander mense

Teks:“Hy (Moses) het tot die laaste woord toe alles neergeskryf wat die Here van Sy volk verwag” (Deut. 31:24 – Die Boodskap)

  • Hoewel Moses op sterwe was, het hy steeds alles wat vir hulle goed was, neergeskryf.
  • Jy moet ook eerder aan ander mense as aan jouself dink – dis hoe Christene optree.
  • Kies vandag om vir ander mense te leef – soek dit wat vir hulle goed is.
  • Doen vandag mooi en goeie dinge vir ander – dit is wat ware leierskap en diensbaarheid beteken.

Gebed

Liewe Vader, help my om die beswil van ander mense te soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 November 2025

Dagstukkies April

6 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here sal jou meer as genoeg gee van alles wat jy nodig het. Word getroos deur vandag se boodskap.

Tema: Jy sal genoeg ontvang

Teks:“Ek gee vir hulle ‘n land wat oorgenoeg van alles het” (Deut. 31:20 – Die Boodskap)

  • Soms laat die Here jou ‘n lang pad stap, maar op die ou einde kry jy meer as genoeg.
  • God se voorsiening is nie min nie – Hy gee oorgenoeg van alles wat jy werklik nodig het.
  • Hou jou oë vandag oop vir die dinge wat jy van die Here sal ontvang.
  • Verwag meer as wat jy nou dink jy gaan ontvang – Hy is ‘n God van oorvloed.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U aan my meer as genoeg gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 November 2025

Dagstukkies April

5 November

My wens en gebed is dat jy weet dat God Sy beloftes altyd nakom. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Leef met verwagting

Teks: “Hy het dit reeds vir hulle oupagrootjies belowe” (Deut. 31:7 – Die Boodskap)

  • Die Here hou Sy beloftes wat Hy aan jou gemaak het – Glo dit! Wees verseker daar! Vertrou Hom!
  • Wat nou in jou lewe gebeur, het Hy reeds vooraf beplan en belowe.
  • Kyk na die storie van jou lewe. Sien jy dat God Sy beloftes gister en vandag waar gemaak het.
  • Vertrou dat Hy dit more weer sal doen. Hy hou Sy Woord.
  • Wees gerus! Wees tevrede! Word nou rustig!

Gebed

Liewe Vader, laat ek glo dat U vir my sorg.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 November 2025

Dagstukkies April

4 November

Ek hoop dat jy vandag sal raaksien dat God nuwe geleenthede vir jou gee. Hier is God se Woord.

Tema: Begin ‘n nuwe lewe

Teks:“Jy moet hierdie volk die land inlei wat die Here belowe het om vir hulle te gee” (Deut. 31:7 – Die Boodskap)

  • Soos Moses aan Josua nuwe opdragte gegee het, gee God ook aan jou nuwe opdragte, geleenthede en nuwe seisoene.
  • Kyk nuut na jou lewe en sien hoe God se beloftes in jou lewe waar word.
  • Verwag dat die Here ook vandag nuwe geleenthede aan jou sal gee – wees gereed daarvoor!
  • Gryp elke nuwe seisoen en nuwe begin wat Hy bied met beide hande aan.
  • Stap hierdie nuwe seisoen met volle vertroue vorentoe.

Gebed

Liewe Vader, help my om nuut te leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 November 2025

Dagstukkies April

3 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet dat jy nooit alleen is nie, want die Here is altyd by jou. Hier is God se boodskap.

Tema: Jy is nie alleen nie

Teks: “Hy sal julle nie in die steek laat nie. Julle is nie alleen nie. Die Here is saam met julle.” (Deut. 31:6 – Die Boodskap)

  • Die Here belowe: ongeag jou uitdagings sal Hy jou nooit in die steek laat nie.
  • Met jou God kan jy ’n oormag oorwin (Ps. 18:30).
  • Met die Almagtige God by jou kan jy oor ’n muur spring (Ps. 18:30).
  • Leef vandag met moed en geloof, omdat jy weet Hy wat oorwinnings gee, is by jou.
  • Begin vandag waag en stap vorentoe, omdat die Almagtige God aan jou kant is.

Gebed

Liewe Vader, gee my die geloof om te waag, omdat U by my is.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 November 2025

Dagstukkies April

2 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal leer om agter die Here aan te stap. Laat Hy jou gevegte veg. Hier is God se Woord.

Tema: Stap agter die Here aan

Teks: “Die Here trek voor julle uit. Hy sal julle vyande verslaan.” (Deut. 31:6 – Die Boodskap)

  • Wil jy sukses behaal? Stap agter die Here aan. Laat Hy jou reuse oorwin.
  • Verstaan wat Sy wil is en doen dit – Hy sal die res hanteer.
  • Leef en werk met vrede en rustigheid; jy weet die Here stap voor jou (Ps. 37:3).
  • Jy kan dit doen omdat Hy wat almagtig is, voor jou uitgaan. Hy gee wat jou hart begeer (Ps. 37:4).

Gebed

Liewe Vader, help my om te weet hoe om agter U aan te stap.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 November 2025

Dagstukkies April

1 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal leef met geloof, moed en vertroue, omdat die Here vir jou sorg. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Leef met geloof en moed

Teks: “Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie!” (Deut. 31:6 – Die Boodskap)

  • God roep jou op om nie negatief oor die toekoms te wees nie – Hy sorg immers.
  • Al is jy bang oor jou eie omstandighede, jou gesin, gesondheid, finansies of die land se situasie – vertrou Hom.
  • Hy doen die onmoontlike (Jer. 32:17, 27).
  • Wees vandag spesifiek positief, dapper en emosioneel sterk.
  • Grýp elke geleentheid waar jy vandag is met moed aan en maak ’n positiewe verskil.

Gebed

Liewe Vader, gee my geloofsvertroue en maak my dapper en sterk.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 31 Oktober 2025

Dagstukkies April

31 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om lewe, voorspoed en hoop aan almal rondom jou te bring. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Leef met verwagting

Teks: “Ag, mag julle maar die lewe kies!” (Deut. 30:19 – Die Boodskap)

  • Moses se wens is dat jy vir die lewe kies.
  • Maak seker dat jy iemand is wat lewe, voorspoed, geluk en hoop bring waar jy ook al gaan.
  • Jy sal vandag vir baie mense ’n seën wees wanneer jy positief in hulle leefwêreld inkom.
  • Wees ’n ligdraer – ’n hoopbringer en ’n geneser!

Gebed:

Liewe Vader, help my om die lewe te kies!
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Oktober 2025

Dagstukkies April

30 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal leef met die bewussyn dat God en mense jou optrede dophou. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: God sien alles

Teks: “God in die hemel en al die mense op die aarde sien wat julle vandag kies.” (Deut. 30:19 – Die Boodskap)

  • Jou optrede is nie geheim nie – God sien alles, selfs waar niemand jou sien nie.
  • Ander mense sien ook jou openbare optrede en beoordeel jou daarvolgens.
  • Leef elke oomblik so dat die Here met jou optrede tevrede sal wees.
  • Maak vandag tyd om oor jou optrede na te dink – herbelyn jou lewe met die Bybel se standaarde.

Gebed

Liewe Vader, help my om altyd voor U heilig en eerbaar te leef.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Oktober 2025

Dagstukkies April

29 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om voorspoed en seën in ander se lewens te bring. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Bring voorspoed in die wêreld in

Teks: “Kies of julle wil hê dat dit voorspoedig met julle gaan, of dat teëspoed julle moet agtervolg.” (Deut. 30:19 – Die Boodskap)

  • Voorspoed of teëspoed in jou lewe hang af van die keuses wat jy maak.
  • Jou eie keuses en optrede bepaal of dit met jou en ander mense goed of sleg gaan.
  • Kies vandag die lewe! Kies om voorspoed in jou en ander se lewens te bring.
  • Wees ’n seën en ’n vreugde vir almal rondom jou – maak ’n positiewe verskil.
  • Wees ’n voorspoedmaker!

Gebed

Liewe Vader, gebruik my om voorspoed en geluk in my wêreld in te bring.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Oktober 2025

Dagstukkies April

28 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag weer sal kies vir lewe – vir alles wat goed en positief is. Hier is God se Woord.

Tema: Weer eens: Kies lewe!

Teks: “Vandag gee Ek vir julle die keuse: kies tussen lewe en dood. … Ag, mag julle maar die lewe kies!” (Deut. 30:19 – Die Boodskap)

  • Daar is net twee keuses in die lewe – lewe of dood – daar is geen neutrale opsie nie.
  • Wie vir die lewe kies, kies om jouself, ander mense, die gemeenskap – ja, die wêreld – ’n beter plek te maak.
  • Jy kan vandag weer van voor af kies: kies die lewe! Verbeter jouself, jou familie en jou gemeenskap.
  • Wanneer jy lewe in die wêreld indra, sal jy self ook geluk, vreugde en vervulling ervaar.

Gebed

Liewe Vader, gee my die wysheid om vir die lewe te kies.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 27 Oktober 2025

Dagstukkies April

27 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om eenvoudig gehoorsaam te wees aan wat God vra. Hier is God se wil vir vandag.

Tema: Leef soos die Here wil hê jy moet leef

Teks: “Ons moet lewe soos Hy wil hê ons moet.” (Deut. 29:29 – Die Boodskap)

  • Soms raak ons so besig dat ons vergeet gehoorsaamheid aan God is belangriker as ons “besig-wees”.
  • Die dinge van jou lewe en wêreld kan jou fokus weglei van wat werklik belangrik is.
  • Maak vandag ’n punt om van voor af weer reg te fokus – jy sal verbaas wees oor die geluk wat daarmee saamkom.
  • Eenvoudige gehoorsaamheid bring wonderlike vreugde en vrede.

Gebed

Liewe Vader, ek wil regtig gehoorsaam wees. Help my daartoe.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.