Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 Maart 2026

28 Maart

Ek bid dat jy altyd die Here sal vertrou. Hier is Sy boodskap.

Tema: Moenie moed opgee nie.

Teks:“Ek hoop U sal bly wees oor alles wat ek doen en dink. Here, ek wil U baie graag bly maak, want U pas my baie goed op. U verlos my!” (Ps. 19:15 – Die Boodskap)

  • Soms voel dit vir jou asof alles teen jou werk – juis dan moet jy nie moed opgee nie.
  • God sien elke poging van jou om gehoorsaam te wees – Hy is bly daaroor.
  • Hou moed – die pad na uitkoms gaan soms deur ‘n donker nag, maar aan die ander kant is dit helder dag.
  • Vertrou God. Hy werk, ook wanneer jy moedeloos is – Hy sal jou net op Sy tyd verlos, help, en uitkoms gee.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my oppas en verlos. Help my om vandag nie moed op te gee nie, maar in geloof te bly staan en te weet dat U besig is om my uit te help.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.