Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 Maart 2026

29 Maart

Ek bid vir jou dat jy alle mense met respek en menswaardigheid sal hanteer. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Hanteer jou opponente altyd respekvol.

Teks:“Mag die Here jou gebed verhoor as dit met jou swaar gaan. Mag die God van Jakob jou beskerm. Mag Hy jou spesiaal help en bystaan.” (Ps. 20:2-3a – Die Boodskap)

  • God se guns en genade is vir almal beskikbaar – selfs vir jou opponente en dié met wie jy verskil.
  • As God self jou met genade, menswaardigheid en respek behandel – doen met ander mense dieselfde!
  • Die wyse waarop jy moeilike mense hanteer, vertel baie van jou karakter.
  • Kies om in ‘n argument of ‘n konflik, die ander persoon se menswaardigheid te respekteer en te bewaar.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en bystaan wanneer dit swaar gaan. Help my om vandag, selfs teenoor moeilike mense en opponente, met respek en menswaardigheid op te tree.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.