Skep asem vir vandag: 5 Desember 2025

Dagstukkies April

5 Desember

My wens is dat jy ook emosionele genesing van jou pyn sal kry. Hier is God se Woord spesiaal vir vandag.

Tema: Daar sal volkome genesing van jou teleurstellings kom

Teks: “God het my alles laat vergeet: al my swaarkry en alles wat my familie my aangedoen het.” (Rut 2:20 – Die Boodskap)

  • God bring emosionele herstel en genesing.
  • Dalk het jy ook emosionele genesing nodig. Net die Here kan dit vir jou gee, en Hy wil dit vir jou gee.
  • Wees dankbaar en positief oor hierdie genesing.
  • Dit gee nuwe energie, hoop en bring groot geluk en vrede.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my volkome van elke letsel van my verlede sal genees.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Desember 2025

Dagstukkies April

4 Desember

My wens en gebed is dat jy vir ander mense sal omgee. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Sorg vir ander mense

Teks: Josef het so baie koring bymekaargemaak dat dit net soveel was as die sand van die see. Hy het later opgehou om aan te teken hoeveel daar was, want dit was te veel om te tel. ” (Rut 2:20 – Die Boodskap)

  • Josef het planne gemaak en dit uitgevoer. Hy was suksesvol.
  • “If you fail to plan, you plan to fail”, het iemand eendag gesê. Sukses kom wanneer jy jou lewe beplan.
  • Dis moeite om so te leef. Begin geleidelik deur jou lewe omgee.
  • Jy sal gelukkig wees wanneer jy sien dit gaan ook met ander mense goed.

Gebed

Liewe Vader, help my om die lewe van iemand anders op te hef deur vir hulle om te gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Desember 2025

Dagstukkies April

3 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag sal verstaan wat ware verbintenis in die huwelik beteken. Hier is God se Woord.

Tema: Beplan vooruit

Teks: “Ons moet vir jou ‘n man kry, sodat jy versorg kan word en jou eie huis en huisgesin kan hê” (Rut 3:1 – Die Boodskap)

  • Naomi wil vir Rut ‘n vol lewe gee – sy moet versorg wees, ‘n huis en huisgesin kry. Naomi wil vir Rut ‘n toekoms gee.
  • Dit is die een ding wat die God van genade gee, ‘n toekoms en ‘n verwagting op meer en beter.
  • Maak jou hart vandag vir die gawes van ons goeie God oop.
  • Leef met hierdie verwagting van beter en oorvloed. ‘n Nuwe beter seisoen!

Gebed

Liewe Vader. Gee my wysheid, insig en die wilsvermoë om ‘n beplanner van my lewe en werk te wees.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Desember 2025

Dagstukkies April

2 Desember

My wens is dat jy sal verstaan dat die Here onverstaanbaar is. Hier is ‘n boodskap aan jou.

Tema: Onverstaanbaar, ondenkbaar en onverwags

Teks: “Weet jy, … hy is eintlik een van die mense wat veronderstel is om vir ons te sorg…” (Rut 2:20 – Die Boodskap)

  • Wat was die kans dat die twee vroue op iemand se grond sou beland wat volgens die Joodse wet hulle moes versorg – nul. Tog het dit gebeur.
  • Die Here laat dinge met jou gebeur wat jy jouself nie kan indink nie. Hy versorg jou!
  • Dit sal met jou goedgaan, want die Here sorg vir jou op maniere en plekke wat onverstaanbaar, ondenkbaar en onverwags is.
  • Die Here van genade is vol goedheid en guns.
  • Ontvang dit nou.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U onverstaanbaar werk.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Desember 2025

Dagstukkies April

1 Desember

My gebed is dat jy jou werklik aan jou huweliksmaat sal verbind. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Wees saam tot die dood toe

Teks: “Daar waar Ma eendag doodgaan, wil ek doodgaan en daar begrawe word.” (Rut 1:17– Die Boodskap)

  • Rut se verbintenis aan Naomi is tot die dood toe.
  • Huweliksmaats se verbintenis is ook tot die dood toe.
  • Herbelyn vandag jou optrede en verbintenis teenoor jou huweliksmaat – saam tot die dood toe.
  • Leef so dat julle bymekaar en gelukkig is.

Gebed

Liewe Vader, gee my die genade om saam met my huweliksmaat tot die dood toe gelukkig te wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 November 2025

Dagstukkies April

30 November

In jul huwelik dien julle die Drie-enige God saam. Neem God se Woord vandag ernstig op.

Tema: In jul huwelik dien julle die Drie-enige God saam

Teks: “… en die God wat Ma dien, is ook die God wat ek wil dien.” (Rut 1:16 – Die Boodskap)

  • Rut neem afskeid van die afgode van Moab, en begin om die enigste ware God te aanbid.
  • Jy en jou huweliksmaat kan nie God op verskillende maniere dien nie – julle moet Hom saam aanbid en dien.
  • Praat met mekaar hieroor: Op watter drie maniere kan ons God saam aanbid en dien?
  • Jy sal opmerk dat julle verhouding verbeter en alles in plek begin val.

Gebed

Liewe Vader, help ons om in ons huwelik U saam te dien.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 November 2025

Dagstukkies April

24 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here draai altyd die wiel en gee uitkoms. Hier is God se Boodskap.

Tema: Die Here sal uitkoms gee

Teks:“‘n Rukkie later het Naomi… gehoor dat die Here dit weer beter laat gaan het in Juda” (Rut 1:6 – Die Boodskap)

  • Die goeie nuus is dat die wiel altyd draai – dinge sal verander.
  • Net wanneer jy dink dit kan nie slegter gaan nie, gee die Here uitkoms.
  • Hou jou oë oop vir die uitkoms wat wag – dit is reeds daar!
  • Gryp die uitkoms wat Hy gee met beide hande aan. Stap vorentoe in geloof.

Gebed

Liewe Vader, laat my U genade raaksien. Dankie dat U altyd uitkoms gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 November 2025

Dagstukkies April

28 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal verstaan wat ware verbintenis in die huwelik beteken. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Tot die einde toe saam in my huwelik

Teks: “Ek sal gaan met Ma, waar Ma ook al heen gaan” (Rut 1:16 – Die Boodskap)

  • Rut het besluit om alles agter te laat en ‘n nuwe lewe saam met Naomi te begin.
  • Dit is dieselfde beginsel in die huwelik – twee mense kom saam en begin ‘n nuwe lewe.
  • Bou aan jou huwelik en help ander net so om ook aan hulle huwelike te bou.
  • Verbind jouself geheel-en-al aan jou huweliksmaat in woord en daad, ongeag omstandighede.

Gebed:

Liewe Vader, help my om tot die einde toe aan my huweliksmaat verbind te wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 27 November 2025

Dagstukkies April

27 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om onselfsugtig te leef en goeie verhoudings te bou. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Leef onselfsugtig

Teks: “Jou skoonsuster is terug na haar eie mense toe waar sy weer haar eie geloof kan uitleef. Doen jy dit ook nou” (Rut 1:15 – Die Boodskap)

  • Orpa het ‘n keuse gemaak wat vir haar gepas het, maar dit het verhoudinge verbreek.
  • Jy kan jou selfgerigte keuses goed motiveer, maar die resultate daarvan is dikwels katastrofies.
  • Kies onselfsugtig – verhoudinge groei slegs wanneer jy nie net aan jouself dink nie.
  • Stel vandag ander mense se behoeftes eerste – dit bou sterk, blywende verhoudinge!

Gebed

Liewe Vader, help my om onselfsugtig te leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 November 2025

Dagstukkies April

26 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal bid vir goeie huweliksmaats vir jouself en jou geliefdes. Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema: Goeie huweliksmaats kom van die Here af

Teks: “Ek bid dat die Here vir julle elkeen weer ‘n goeie huweliksmaat gee” (Rut 1:9 – Die Boodskap)

  • Naomi gun vir haar skoondogters goeie mans en nageslag!
  • Dit is belangrik om te verstaan dat goeie huweliksmaats van die Here af kom.
  • Bid vir jouself, jou kinders en familie dat elkeen die goeie huweliksmaat sal ontvang wat God stuur.
  • Vertrou dat die Here die regte persoon op die regte tyd sal bring vir jou en jou geliefdes.

Gebed

Liewe Vader, laat ons die goeie huweliksmaats wat U stuur omarm.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 November 2025

Dagstukkies April

25 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies wat die beste vir ander mense is, nie net vir jouself nie. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Dink aan ander mense

Teks: “Mag die Here julle met Sy liefde versorg omdat julle so goed was vir my en julle mans” (Rut 1:8 – Die Boodskap)

  • Naomi het nie aan haarself gedink nie, maar aan haar skoondogters.
  • Dikwels soek jy na dit wat vir jou gemaklik is, nie wat vir ander die beste is nie.
  • Voor jy vandag kies en besluit, dink na oor wat die beste keuse vir ander rondom jou is.
  • Maak daardie keuse wat ander sal bevoordeel, selfs al kos dit jou iets.
  • Jy sal sien hoe gelukkig dit jou maak as jy so leef.

Gebed

Liewe Vader, help my om so te kies dat ek dit wat vir ander mense goed is, sal doen.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 November 2025

Dagstukkies April

24 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here draai altyd die wiel en gee uitkoms. Hier is God se Boodskap.

Tema: Die Here sal uitkoms gee

Teks:“‘n Rukkie later het Naomi… gehoor dat die Here dit weer beter laat gaan het in Juda” (Rut 1:6 – Die Boodskap)

  • Die goeie nuus is dat die wiel altyd draai – dinge sal verander.
  • Net wanneer jy dink dit kan nie slegter gaan nie, gee die Here uitkoms.
  • Hou jou oë oop vir die uitkoms wat wag – dit is reeds daar!
  • Gryp die uitkoms wat Hy gee met beide hande aan. Stap vorentoe in geloof.

Gebed

Liewe Vader, laat my U genade raaksien. Dankie dat U altyd uitkoms gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 November 2025

Dagstukkies April

23 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here dra jou wanneer jou lewe uiteen val. Hier is God se Woord.

Tema: Soms maak dinge net nie sin nie

Teks: “Naomi was toe sonder enige familie van haar eie in die land Moab” (Rut 1:5 – Die Boodskap)

  • Naomi het alles verloor – besittings, man en seuns – en dit het geen sin gemaak nie.
  • Soms gebeur dinge met jou wat jou lewe uit mekaar skud en geen sin maak nie.
  • Hou vandag vas aan die Here omdat Hy steeds saam met jou die pad stap.
  • Hy dra jou wanneer dit voel asof jy die wêreld dra omdat jou lewe inmekaarstort.
  • Doodloopstrate is slegs rusplekke. Dit is die wegspringplek vir ‘n nuwe seisoen.

Gebed

Liewe Vader, gee my krag om deur my probleme te leef en oorwinning te behaal.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 November 2025

Dagstukkies April

22 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal begin werk aan ‘n persoonlike verhouding met God. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Ken God persoonlik

Teks:“Hulle het met mekaar gepraat, en hulle het mekaar persoonlik geken” (Deut. 34:10d – Die Boodskap)

  • Die grootste item op Moses se getuigskrif was dat hy en God met mekaar gepraat en mekaar persoonlik geken het.
  • Wat ‘n aangrypende getuienis – dat jy met God kommunikeer en julle mekaar persoonlik ken!
  • Begin nou skuiwe maak sodat jy deur gebed met God kommunikeer en deur die Bybel Hom hoor praat.
  • Werk daaraan om ‘n persoonlike verhouding met Hom te hê, nie net kennis van Hom nie.

Gebed

Liewe Vader, help my om U persoonlik te ken.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 November 2025

Dagstukkies April

21 November

My wens en gebed is dat jy vandag so sal leef dat ander jou as God se vriend sal beskou. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Wees ‘n vriend van God

Teks:“Want die Here het Moses as Sy vriend beskou” (Deut. 34:10c – Die Boodskap)

  • Wat ‘n wonderlike item op Moses se getuigskrif – Moses was God se vriend!
  • Hoe dink jou gesin, familie en vriende oor jou? Sien hulle jou as God se vriend?
  • Begin vandag so leef dat almal wat jou ken jou as die Here God se vriend sal beskou.
  • Vriendskap met God kom deur gehoorsaamheid, vertroue en om tyd saam met Hom deur te bring.

Gebed

Liewe Vader, laat ek U voluit dien sodat ek U vriend kan wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 November 2025

Dagstukkies April

20 November

My wens en gebed is dat jy vandag nie skaam sal wees om te sê wat God in Sy Woord leer nie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Luister na dit wat God sê

Teks:“Hy het vir die volk kom sê wat die Here hom beveel het” (Deut. 34:10b – Die Boodskap)

  • Moses se getuigskrif was dat hy geluister het na wat die Here gesê het en dit oorgedra het.
  • Dit moet ook op jou getuigskrif staan – jy het onwrikbaar die wil van die Here vertel en geglo.
  • Moenie skaam of bang wees om te vertel wat God in Sy Woord vir jou sê nie.
  • Begin vandag om dit te doen soos Moses dit gedoen het – wees ‘n boodskapper van God se waarheid.

Gebed

Liewe Vader, gee my moed om U waarheid met ander te deel.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 19 November 2025

Dagstukkies April

19 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om naby die Here te leef en die beste vir ander te soek. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Watter getuienis laat jy agter?

Teks:“Daar was nie nog ‘n man soos Moses nie” (Deut. 34:10a – Die Boodskap)

  • Moses was uniek omdat hy so naby die Here geleef het. Hy wou net die beste vir die volk gehad het.
  • Net so moet jy ‘n punt maak om naby die Here te leef- deur gebed, Bybel te lees en ‘n goeie voorbeeld te stel.
  • Soek vandag die beste vir alle ander mense, nie vir jouself nie.
  • Jou nabyheid aan die Here God is sigbaar in wyse waarop jy ander mense behandel.

Gebed

Liewe Vader, laat ek naby U leef en die beste vir ander mense soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 18 November 2025

Dagstukkies April

18 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal leef op so ‘n manier dat mense jou geestelike voorbeeld sal mis. Hier is geestelike brood vir vandag.

Tema: Sal mense jou dan ook mis?

Teks: “Die mense van Israel was baie hartseer oor Moses, hulle leier” (Deut. 34:8)

  • Die Israeliete het lank oor Moses getreur omdat hy hulle geestelike leier was.
  • Mense treur oor die verlies van baie dinge – rykdom, status, besittings of selfs vriende en familie.
  • Rou jy oor geestelike agteruitgang???
  • Leef so dat as jy sterf, mense sal treur omdat hulle jou liefde en geestelike voorbeeld gaan mis.
  • Maak vandag ‘n verskil in mense se geestelike lewens, nie net in hulle omstandighede nie.

Gebed

Liewe Vader, laat ek so leef dat mense my geestelike voorbeeld raaksien.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 November 2025

Dagstukkies April

17 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal glo en vertrou in die unieke, Almagtige God. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here is uniek

Teks:“Daar is niemand soos die God van Israel nie!… Hy is die Koning van die heelal” (Deut. 33:26 – Die Boodskap)

  • Die Here God is uniek, spesiaal, heilig en Almagtig – niemand is soos Hy nie.
  • Dit is omdat Hy so groot is dat Hy die verlede, hede en toekoms bepaal en uitvoer.
  • Glo en vertrou hierdie enigste ware God wat oor alles is en heers.
  • Hy sal jou, jou hele lewe lank ondersteun en wysheid gee.
  • Hy is die Koning van die heelal.

Gebed

Liewe Vader, help my om te glo en te vertrou dat U die Koning van die heelal is.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 November 2025

Dagstukkies April

16 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om ander mense te seën en voorspoed toe te wens. Hier is God se Woord.

Tema: Wens mense voorspoed toe

Teks:“Toe het Moses die Israeliete voorspoed toegebid” (Deut. 33:1 – Die Boodskap)

  • Hoe wonderlik is dit om mense te seën en voorspoed toe te wens nie.
  • Ongeag hoe jy in die lewe voel, fokus op die positiewe en wens ander voorspoed toe.
  • Wees vandag ‘n bron van seën en hoop vir almal wat jou pad kruis.
  • Wees ‘n hoopdraer. Skep ‘n oase van hoop. Bou ‘n omgewing van hoop!

Gebed

Liewe Vader, help my om ander mense te seën.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.