Sondag 28 September 2025 Erediens – 09:00 Kategese & Kleuterkerk 09:00 Groenkloof Erediens 10:00
Woensdag 1 Oktober 2025: Kooroefening 16:45
Donderdag: 2 Oktober 2025 EMO Adams by die Dekke
Sondag 5 Oktober 2025 : Erediens – 09:00 GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
Wolwedans. Die datums vir die vierde kwartaal is 8 & 22 Oktober, 5 & 19 November en 10 Desember.
8 Oktober 2025 Klub 50 – Anthony Noble 10:00
24 Oktober 2025 SS- Gemeentekonsert
25 Oktober 2025 Dankfees
31 Okt – 2 Nov 2025 Gesinskamp
Lief en Leed Week 40 van 2025
Verjaarsdae

Doop
’n Spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Johan & Monique Pieters (dogtertjie – Diamé Pieters).
Gebedsgids vir Oktober 2025
GEBEDSGIDS – OKTOBER 2025
1 Oktober – Woensdag – Oktober maand
Dit is Oktobermaand en ons sê saam met Louis Leipoldt dankie vir die helder dae, ‘n blou hemel en ‘n blomtuin vol bome.
2 Oktober – Donderdag – Helpende Hand
Kom ons sê dankie vir almal wat ‘n helpende hand uitsteek en die moed het om betrokke te raak by hulle wat langs die pad lê.
3 Oktober – Vrydag – Vakansie
Dit is die begin van ‘n kort vakansie. Kom ons tree so op dat ons kinders ons ook sal navolg en ons maak hierdie vakansie vir hulle onvergeetlik. Ons bid vir alle rolmodelle en dat ons besef dat elke dag is ‘n dag om ‘n voorbeeld vir hulle te kan wees.
4 Oktober – Saterdag – Verslaafdes
Ons gebed is dat alle verslaafdes na U sal kom vir redding, reiniging en genesing en dat hulle sal besef dat die Here hulle lief het al is hulle ook in ‘n diep put en dat Hy hulle sal vergewe ongeag waarin hulle ookal verval het.
5 Oktober – Sondag – Bejaardes
Daar is baie bejaardes onder ons. Kom ons dank God dat hy by ons bejaardes is en hulle begenadig met rustigheid, vrede en wysheid en dat hulle ook sal voel dat hul nog iets beteken vir die jongeres.
6 Oktober – Maandag – Stilte
“Here, te midde van ‘n besige en luidrugtige wêreld, is ons gebed: maak dit stil in ons binneste sodat ons net ‘n sagte teenwoordigheid sal ervaar en so sensitief vir U stem sal wees.”
7 Oktober – Dinsdag – Getuig
Kom ons bid dat mense in liefde en vrede sal saam leef, dat elke knie sal buig en elke tong sal getuig dat Christus die Here is.
8 Oktober – Woensdag – Leiers
Bid vandag vir almal wat leiding gee voor U sal buig en dat hulle suiwer sal koers hou en nie sal betrokke raak by korrupsie nie en die mense vir wie hulle moet lei, hul uiteindelike oorweging sal wees.
9 Oktober – Donderdag – Ons huis
Here, maak ons huis die eerste skool en kerk vir ons kinders en dat hulle hier sal leer wat goed en reg en edel is.
10 Oktober – Vrydag – Rustigheid
Ons bid vandag dat Psalm 23 se groen weivelde en rustige waters nie net ‘n droom sal wees nie, maar ‘n werklikheid en dat ons die rustigheid en vrede wat God gee in ons elkeen se lewe sal wys en dat ons dit ook kan uitdra aan ander.
11 Oktober – Saterdag – Werk vir die Here
“Here, help ons om elke ding wat ons hand vind om te doen, ons na die beste van ons vermoë doen, asof ons dit vir U doen”.
12 Oktober – Sondag – Gideons
Ons dankoffer is vandag vir die Gideons en ons dank God vir die miljoene testamente wat hulle al langer as ‘n eeu versprei in skole, hotelle, hospitale, gevangenisse en militêre basisse en so miljoene mense bereik met die evangelie van Jesus.
13 Oktober – Maandag – Onderwysers
Die skole open weer vandag en ons dank God vir toegewyde onderwysers wat leerders voorberei vir die eise van die lewe. Ons dink aan hulle wat ook die kinders moet leer en wys met hul optrede hoe om te lewe.
14 Oktober – Dinsdag – Beskerming van Jesus
Dankie Here dat U die Weg, die Waarheid en die Lewe is en dat U met U liefde ons beskerm teen gevare en die invloed van die duiwel wat ons wil wegraap van U liefde.
15 Oktober – Woensdag – Fyn aanvoeling
Ons bid dat U aan ons sal gee, ‘n fyn aanvoeling om die regte besluite te neem en ‘n positiewe gesindheid te openbaar.
16 Oktober – Donderdag – Woord van die Here
Vandag dank ons U vir U Woord wat ewig, onfeilbaar en onmisbaar is en ons spesiale dank ook vir die leraars, sendelinge, pastore en godsleiers wat dit vir ons oopmaak en verduidelik sodat ons dit kan verstaan en uitleef.
17 Oktober – Vrydag – Jesus-liefde
Leer my Here, om lief te hê soos U liefgehad het: onvoorwaardelik en tot die einde toe. Dankie dat U gesterf het vir my sondes en my vergewe vir al my sondes.
18 Oktober – Saterdag – Sagte hart
Here, gee ons ‘n sagte hart wat medelye het met die armes en almal wat in nood is en gee dat ons sal help waar ons kan en so hul nood verlig en ook maniere sal vind om hul te bemagtig en hul trots sal herstel.
19 Oktober – Sondag – Gesondheidsdienste
Vandag is dit ‘n biddag vir gesondheidsdienste. Gee vir die dokters en verpleegsters simpatieke harte en seën hulle op hul arbeid en help hul ook dat hul die nodige insig en krag sal ontvang om hul werk met vreugde te doen.
20 Oktober – Maandag – Sondes
Kom ons bid vandag saam met Dawid in Psalm 51 dat die Here ons sondes sal weg neem sodat ons weer rein kan wees om so voor Hom te verskyn.
21 Oktober – Dinsdag – Stem van die Here
Dankie Here dat U deur U Gees by ons teenwoordig is. Help ons om U stem duidelik te hoor. Maak ons ook stil sodat ons U stem in die sagte fluistering van die wind sal herken.
22 Oktober – Woensdag- Ons land
Here, ons bid U seën af op ons land en al sy mense en ons bid dat U ons sal bevry van bitterheid en haat. Ons bid dat ons in liefde en vrede sal saambly en werk en U naam in alles sal vereer.
23 Oktober – Donderdag – Sintuie
Kom ons dank die Here vandag vir die gawe van ons sintuie en die gawe van lewe en gesondheid, die feit dat ons kan beweeg, sien voel en hoor. Ons bid ook dat ons sal dink aan die mense wat sukkel. Gee ons die empatie om ook uit te reik om behulpsaam te wees indien hulle sukkel.
24 Oktober – Vrydag – Gemeentekonsert
Dit is vanaand ons gemeentekonsert en ons wil saam met Paulus in Filippense 4:4 sê: “wees bly in die Here!” Ons sê dankie vir heerlike samesyn van ons gemeente dat hulle ook so U Naam kan vereer.
25 Oktober – Saterdag – Dankfees
Vandag is ons Dankfees! Kom ons juig saam met Dawid in Psalm 65:12. U kroon die jaar met U goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed. Ons dank U Here.
26 Oktober – Sondag – Hervormingsondag
Op Hervormingsondag dank ons die Here vir ons duur gekoopte Protestantse erfenis en vir al die geestelike seëninge waaraan ons vandag opnuut herinner word.
27 Oktober – Maandag – Getuienisbediening
Die getuienisbediening vergader vandag en ons dank die Here vir die bereidwillige sopkokers, sopskenkers en die uitreikspan wat die sop, brood en die Woord gaan uitdra en verkondig en ons dank die Here vir die onbaatsugtige werk wat hulle doen.
28 Oktober – Dinsdag – Die Here se lig
“Here, hoe helderder die lig van U heerlikheid skyn, hoe meer word ons bewus van ons donkerte. Dankie dat ons uit die bevryding van ‘n opregte skuldbelydenis kan leef”.
29 Oktober – Woensdag – Geloof
“Jesus, versterk tog ons hoop en liefde, maar veral ook ons geloof sodat ons seker kan wees dat niks ons van U liefde sal skei nie.”
30 Oktober – Donderdag – Geskeides
Kom ons bid vir alle geskeides dat hulle sal opstaan tot ‘n nuwe lewe van hoop en dat die Here vir hulle die pad wat hulle moet loop, sal wys. Bid ook dat hulle die liefde van God sal ervaar en weer geliefd sal voel.
31 Oktober – Vrydag –Sportmanne en vroue
Bid vandag saam vir alle sportmanne en -vroue dat hulle nie sal nalaat om aan die Heer al die eer te gee vir hul gesondheid en talent nie.
Afkondigings 28 – 5 Oktober 2025
Sondag 28 September 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Johan & Monique Pieters (dogtertjie – Diamé Pieters).
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Romeine 6:1-11 (2020-vertaling).
- Die tema van die prediking is: Die onmoontlike?
- Biddag vir Bediening aan die Jode.
- Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
- Sinodale offer vir Bediening aan die Jode by die deure.
- Daar is GEEN tee vandag na afloop van die erediens nie.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.
Woensdag 1 Oktober 2025 :
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes welkom.
Vrydag 3 Oktober 2025 :
- Skole sluit.
Sondag 5 Oktober 2025 :
- Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen.
- Biddag vir Bejaardes.
- GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
- Spesiale offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA – George) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Oktober 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 28, asook die antwoorde vir nommer 27, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Bloedskenk
Die bloedskenking op 25 September 2025 het 87 volpinte bloed opgelewer.Baie dankie vir die 69 mense wat opgedaag het om te skenk,u skenkings kan lewens red.Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.



Dankfees
Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.
Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB, Rek no 53083186511,
takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr & Van, merk).
Ons het vrywilligers nodig wie ‘n handjie kan by sit by onderskeie tafels/stalletjies.
Daar is ’n lys by die tee na die erediens waar enigeen wie graag by die basaar as vrywilliger wil help, jou naam kan opgee. Alternatiewelik kan julle vir Ruan kontak – 082 762 0002.
Verdere inligting sal volg.
Bedieninge
Gesinskamp

Ons familie-“kamp” vind plaas 31 Okt – 2 Nov.
Kamers is privaat (met stapel bedjies), maar ons deel ‘n saal, kombuis en kleetkamers (mans & vroue het elkeen 3 storte en 3 toilette).
Beperkte aparte verblyf beskikbaar teen adissionele fooi of jy is welkom om jou eie tent of karavaan te bring en saam te kamp.
RSVP asb teen 29 September by die kerkkantoor of per WhatsApp by Carmi – 0842996226.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die vierde kwartaal is 8 & 22 Oktober, 5 & 19 November en 10 Desember.

Klub 50

Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons .
Gevulde Koffieflesse vir Kersfees

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Malawi
Bid vir FEBA-luisteraars in Malawi wat weens hul geloof vervolg word. Baie mense onder die Yao word deur hul families mishandel en verwerp wanneer hulle tot bekering kom. Ibrahim en Khadija se families het hulle fisies aangerand, hul besittings vernietig en hul grond gevat, wat hulle sonder heenkome laat.
Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA se Yao-luisteraars sal bewaar en aan al hulle behoeftes sal voorsien.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
- Erediensbediening:
- Die skakel na die YouTube Erediens van 28 September, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
- Getuienisbediening:
- Die video van die getuienis toerusting naweek van 20-21 September 2025, met die tema: ” ‘n Getuigende lewe, 24/7″ is beskikbaar op die webwerf.
- Ons neem afskeid van Michele se dogter, Mari-Alena, wat haar einddoel in Christus bereik het.
- Bybelstudiereeks:
- Die ‘Skep asem vir vandag’, vir elke dag.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Die Heilige Gees”
- Gemeentenuus:
- Deel met ons jou gunsteling Christelike geestelike liedere sodat ons skakels op die webtuiste kan plaas. WhatsApp julle keuses se tema, sanger of orkes na 073 319 9807.
- Die Gebedsgids vir Oktober is beskikbaar.
- Die weeklikse Afkondigings is op die webwerf.
Vakante pos: Seminarium Koordineerder Stellenbosch

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Dankfees 2024: In woord en kleur
Die Gemeente se Oktober 2024 dankfees is Vrydagaand 25 Oktober afgeskop met die SSSSS (Sop, Sjerrie, Sap, Stoepstories en ander Stuitighede) Konsert. Dr Gerrie van Deventer het die geleentheid op gepaste wyse geopen. Dit was ‘n interessante variasie wat die uniekheid van ons mense beklemtoon.
Saterdag het die kerk terrein gewoel en gewerskaf van vroeg af, om die Pretdraf aan die gang te sit, en alles reg te kry vir die dag. Daar is heerlik saam gewerk, gebak, gebraai, gekuier, gespeel, geeet, koffie, tee en koeldrank gedrink. Deur dit alles is ons met heerlike musiek oorlaai.
Die dag was ‘n wonderlike feestelike geleentheid, met die groot verskeidenheid produkte en nuwe aktiwiteite vir die kinders. Dankie vir elkeen wat so hard gewerk het, en almal wat die dag bygewoon het om dit so ‘n lekker onthou dag te maak.
Die naweek is Sondag afgesluit, op gepaste wyse, deur die erediens. Die Nagmaal is bedien, met hulp van die jeug, en die inlei van die dankseisoen deur Ds Viljoen.
Stof tot nadenke: Wie is in beheer?
“U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!”
Ps. 139: 16-17
Ons is deur ons lewe gedurig bewus dat iemand in beheer is. Dit is egter so dikwels mense wat in beheer is, op hierdie aarde. Wanneer ons gebore is en ons kom in hierdie vreemde wêreld in, raak ons as klein kindertjies bewus daarvan dat ons ouers in beheer is. Wanneer ons heel klein is, is dit wonderlik om so totaal te kan vertrou op die ouers aan wie ons toe vertrou is. Almal is egter nie in hierdie kleinmens wêreld, so bevoorreg om deur liefdevolle ouers groot gemaak te word nie. En word in ontnugterende toestand groot. Wanneer ons tieners en naskoolse jongmense is, raak ons bewus van onderwysers, skoolhoofde, dosente, en werkgewers, wat in beheer is van ons lewens. Dikwels met relatief goeie gevolge, maar ook dikwels word ons teleurgestel deur die persone in beheer. Veral wanneer ons meer van hulle verwag het. Wanneer mens dink dat die mense in beheer dieselfde waardestelsel as mens het, wat na beide kante toe kan werk, goed of sleg, raak mens teleurgestel met dit waarmee jy gekonfronteer word. Selfs wêreldwye regeringsmagte kan mens so teleurstel, dat jy wonder of daar nog iemand in hierdie wêreld onder die son vertrou kan word.
Lees meer “Stof tot nadenke: Wie is in beheer?”Nagmaal: Blye dankbaarheid. 27 Oktober 2024. Filippense 1: 3-11 Ds. Charne Viljoen. NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds Charne Viljoen
Skriflesing: Filippense 1: 3-11
Tema: Blye dankbaarheid
Datum: 27 Oktober 2024
Lees meer “Nagmaal: Blye dankbaarheid. 27 Oktober 2024. Filippense 1: 3-11 Ds. Charne Viljoen. NG Kerk Groot-Brakrivier”Nuusflitse Week 44+ van 2024
Sondag 27 Oktober 2024: Nagmaal 09:00 Geen Kategese
Woensdag 30 Oktober 2024 : • Kooroefening by die orrel om 16:45
Sondag 3 November 2024 : • Erediens om 09:00
Wolwedans boodskap, sop en brood: 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des
Lief en Leed – Week 44 van 2024
Sterftes 2024:
18 Oktober – Hester Robb: Wyk 4B
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.

Afkondigings – 27 Oktober tot 3 November 2024
Sondag 27 Oktober 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Filippense 1:3-11.
Die tema van die prediking is: Blye dankbaarheid.
• Hervormingsfees & Nagmaal.
• Dankbaarheidsoffers.
• GEEN Kategese.
• Spesiale offer vir Bybelgenootskap by die deure.
• Worsbroodjies word bedien na afloop van die erediens.
• Groenkloof preek & Nagmaal om 10:00 – Ds Gerrie van Deventer.

Woensdag 30 Oktober 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 3 November 2024 :
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Gerrie van Deventer.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Geopende Deure by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir November 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai antwoorde vir nommer 13 & 14 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.


Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625


Sterftes 2024:
18 Oktober – Hester Robb: Wyk 4B
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA-luisteraars
Bid vir die FEBA-luisteraars wat oud, siek, eensaam of oorweldig voel. Baie van hierdie luisteraars vind troos in FEBA se uitsendings en kommunikeer gereeld met die spanne, wat ’n poging aanwend om te antwoord en só verhouding te bou. Baie spanne doen ook moeite om luisteraars in eie persoon te besoek.
Ons gebed vir die week: Bid dat luisteraars wat geselskap benodig, dit deur FEBA se bediening in God se Woord sal vind, en dat hulle dit met ander sal kan deel wat dieselfde behoefte het.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
27 Oktober 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 27 Oktober 2024.
2. Getuienisbediening
Die weeklikse nussbrief van Madagaskar.
3. Bybelstudiereeks:
a) Vanaf 1 November 2024 is daar ‘n nuwe Bybelstudie beskikbaar oor Rut –
Kruispaaie, deur Dr. Gerrie van Deventer.
b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wie is in beheer?”
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Hartenbos Bejaardesorgdiens se jaarlikse basaar vind plaas 14 Desember.
Ons vra asb almal se hulp in die vorm van:
Nagereg en gebak bestandele,
Handwerk en witolifant items,
Bierbokse en Pick ‘n Pay sakkies,
Enige gebak soos groot koeke, klein koekies, beskuit en terte.
GRAAFF REINETTE LAAN, HARTENBOS
TEL: 044- 695 2386 / 695 1948
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Erediens: Die tyd van ons lewe. 20 Oktober 2024. Prediker 3. NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Dr. Gerrie van Deventer
Skriflesing: Prediker 3
Tema: Die tyd van ons lewe,
Datum: 20 Oktober 2024
Lees meer “Erediens: Die tyd van ons lewe. 20 Oktober 2024. Prediker 3. NG Kerk Groot-Brakrivier”Lief en Leed Week 43 van 2024

Nuusflitse vir die Week 43+ van 2024
Sondag 20 Oktober 2024: Erediens en Kategese 09:00
Woensdag 23 Oktober 2024 : • Kooroefening by die orrel om 16:45
Vrydag 25 Oktober 2024 : Sop Sjerrie en Sap 18:00 Konsert 18:45
Saterdag 26 Oktober 2024: Dankfees vanaf 09:00 – 12:00. Pretdraf van 08:00.
Sondag 27 Oktober 2024 : Nagmaal Geen Kategese Worsbroodjies word bedien na afloop van die erediens
Wolwedans boodskap, sop en brood: 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des
6 November 2024: Klub 50 Nuwe bestuurs verkiesing
Afkondigings 20-27 Oktober 202 – NG Kerk Groot-Brakrivier
Sondag 20 Oktober 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Prediker 3:1-14.
Die tema van die prediking is: Die tyd van ons lewe.
• Biddag vir Gesondheidsdienste.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 23 Oktober 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Vrydag 25 Oktober 2024 :

Saterdag 26 Oktober 2024 :




Sondag 27 Oktober 2024 :
• Prediker – Ds Charné Viljoen.
• Hervormingsfees.
• Nagmaal.
• Dankbaarheidsoffers.
• GEEN Kategese.
• GEEN Aktief Kerkwees nie.
• Nuwe lidmate verwelkoming.
• Spesiale offer by die deure: Bybelgenootskap.
• Worsbroodjies word bedien na afloop van die erediens (vir die wat RSVP het).


Getuienisbediening :
- Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
- Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.
Ondersteuningsgroep :
O ns groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Eurasië
Alexey V., een van FEBA Rusland se programbestuurders, lei tans FEBA se pogings om hul bediening ook in Oesbekistan, Turkmenistan en Tajikistan te vestig. Al drie hierdie lande is oorwegend Moslem en bied aansienlike struikelblokke vir evangelisasie, insluitend beperkings op openbare bekering en die uitdeel van godsdienstige lektuur. Nietemin is daar ook geleenthede om die Goeie Nuus en die hoop wat dit bring, te deel.
Ons gebed vir die week: Bid dat God vir Alexey en sy span na die regte mense en plekke sal lei sodat FEBA God se Woord aan die onbereiktes in dié lande kan begin uitsaai.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
20 Oktober 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 20 Oktober 2024.
2. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Hardloop en wegkruip…”
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Erediens: Ons erfenis? 13 Oktober 2024. Galasiers 3: 26-29. NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Charne Viljoen
Skriflesing: Galasiers 3: 26-29
Tema: Ingelyf in sy liggaam,
Datum: 13 Oktober 2024
Lees meer “Erediens: Ons erfenis? 13 Oktober 2024. Galasiers 3: 26-29. NG Kerk Groot-Brakrivier”Sendingnuus Madagaskar: Die Week 29 September 2024
Euphrasie and I were off to Russian Bay after an early start on Thursday morning. We were suppose to make the trip on Tuesday, but the wind was strong throughout the night and the sea was subsequently too rough the next day.
Lees meer “Sendingnuus Madagaskar: Die Week 29 September 2024”Nuusflitse Week 42 van 2024
Sondag 13 Oktober 2024 : Erediens, Doop en Katagese 09:00
Woensdag 16 Oktober 2024 : • Kooroefening by die orrel om 16:45
Sondag 20 Oktober 2024 : Erediens en Kategese 09:00
Wolwedans boodskap, sop en brood: 16 & 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des
SSSSS -Konsert 25 Oktober 2027 18:00
Dankees: 26 Oktober 2024
Lief en Leed Week 42 van 2024
Sterftes 2024:
7 Oktober – Pierre van Jaarsveld: Wyk 9B. Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Afkondigings 13 – 20 Oktober 2024
Sondag 13 Oktober 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Albert & Claudia Bright (dogtertjie – Ava).
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Galasiërs 3:26-29.
Die tema van die prediking is: Ingelyf in Sy liggaam.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Gideons by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Stof tot nadenke: Seisoen van Skepping…
“God het gesê: “Die land moet groen plante laat uitspruit – gewase wat saad gee, bome wat op land vrugte dra, vrugte volgens elkeen se aard, vrugte waarin hulle saad is.”
Gen. 1: 11
Die Suid Afrikaanse Raad van Kerke het in 2007 besluit om die Seisoen van Skepping permanent deel van die kerklike kalender te maak. Dit is ‘n jaarlikse viering wat van 1 September tot 4 Oktober strek. Dit het dus so pas tot ‘n einde gekom. Daardie wonderlike seisoen, waar die nuwe lewe wat orals te siene is en deur die natuur amper uitgeskreeu word, deur die voëlgesang en nuwe blare aan bladwisselende bome. Dit was een van God se skeppingsdade en dit is so gepas om dit met dankbaarheid te vier en raak te sien. Nuwe nessies wat gebou word. Die nuwe lewe van jong voëls en klein diertjies wat oral te sien is. Dit is ‘n baie gepaste herinneringe aan God se Skepping wat elke dag vir ons ten toon gestel word net soos in die visoene van Johannes (“En ek het die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see, en alles wat daarin bestaan – hoor uitroep: “Aan Hom wat op die troons sit, en aan die Lam, kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die sterkte, vir ewig en ewig.” (Open. 5: 13)).
Lees meer “Stof tot nadenke: Seisoen van Skepping…”









































































