21 Oktober
My wens en gebed is dat jy die seën van God in jou lewe sal ervaar. Hier is Sy Woord.
Tema: Leef met positiewe verwagting
Teks: “Die Here sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou graanskure en oor alles wat jy aanpak” (Deut. 28:8)
- Hy belowe Sy seën wanneer jy binne Sy riglyne leef – dit is ‘n belofte.
- Maak seker jou hele lewe – denke, verhoudinge, werk, finansies en bydrae tot die gemeenskap – is in lyn met Sy wil.
- Staan terug en wag op Sy seën – wees positief en vriendelik.
- God se goedheid sal sigbaar word in elke area wat jy met Hom deel.
- Wees daarom gelukkig! Wees vol hoop!
Gebed:
Vader, dankie dat U my seën. Laat ek dit raaksien.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


